Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Japan troef SA hokkievroue in laaste losmaker
Erin Christie, kaptein van Suid-Afrika, in aksie in 2018 se Wêreldbeker-toernooi in Londen. Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse vrouehokkiespan het met 0-1 teen die Olimpiese gasheer, Japan, vasgeval in sy tweede en laaste oefenwedstryd Vrydag in Tokio.

Die spanne het in twee helftes van ’n kwartier elk geoefen.

Japan is 13de op die wêreldranglys en Suid-Afrika beklee in die 16de plek die swakste ranglysposisie onder die 12 vrouespanne by die Spele.

Erin Christie se span begin sy aanslag Saterdag teen Ierland (9de), wat in 2018 die eindstryd van die Wêreldbeker (WB)-toernooi in Engeland gehaal het. Dít was die Iere se eerste WB-verskyning in 16 jaar.

Die span wat Ierland in daardie geskiedkundige eindstryd met 6-0 geklop het, Nederland, is hoeka Maandag die Iere se volgende teenstander in Tokio.

Die span wat Ierland in daardie geskiedkundige eindstryd met 6-0 geklop het, Nederland, is hoeka Maandag die Iere se volgende teenstander in Tokio.

Ierland het sy vorige wedstryd teen Suid-Afrika, in Februarie 2020 in Stellenbosch, met 3-0 gewen.

Suid-Afrika se mans se laaste oefenstryd, wat Vrydag teen Spanje sou plaasgevind het, is gekanselleer. Die SA mans begin hul Spele Saterdag teen Brittanje. Dié twee spanne was in 2012 in Londen ook teenstanders, toe die Proteas laas by ’n Spele in aksie was.

Suid-Afrika het vandeesweek ter voorbereiding van die Spele verkorte oefenstryde teen Nieu-Seeland en Argentinië gespeel. – Johann de Jager, sahockey.co.za

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Tokio  |  Vroue  |  Olimpiese Spele  |  Hokkie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.