Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Japanners staan tou vir Spele-seëls

Japanners het Dinsdag, presies 500 dae voordat die Olimpiese Spele in Tokio begin, geskarrel om gedenkseëls vir dié sportskouspel op te raap.

Só lyk die gedenkseëls vir volgende jaar se Olimpiese en Paralimpiese Spele in Tokio. Foto: Reuters

Die seëls bevat prentjies van die Spele- en Paralimpiese Spele-gelukbringers Miraitowa en Someity, asook ’n prent van die nuwe Olimpiese stadion wat nog in aanbou is.

Een miljoen velle, met tien seëls elk, word teen 920 jen (sowat R117) verkoop. R13 van elke verkoopte seël sal bydra tot die koste om die Spele aan te bied.

Dosyne mense het buite die hoofposkantoor in Tokio in ’n tou gestaan om hul hande op dié seëls te kry.

Die ontwerper van die seëls, Akira Tamaki, sê hy het inspirasie geput uit die 1964-Spele, toe Tokio laas gasheer was.

“Dis nie soseer die ontwerp van die 1964-seëls wat my geïnspireer het nie, maar eerder die feit dat dit ’n nasionale projek was, wat almal opgewonde gemaak het,” sê Tamaki.

Volgende jaar se Spele begin op 24 Julie. 

– Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tokio
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.