Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Japannese sterre twyfel oor Spele

Kei Nishikori is ook bekommerd oor die moontlike gesondheidsrisiko op die Olimpiese Spele wat op 23 Julie in Tokio begin.

Die Japannese tennisster is op die Italiaanse Ope in Rome gevra of hy sy landgenoot en Australiese Ope-kampioen Naomi Osaka se mening deel nadat sy Sondag gesê het die kwessie moet verder bespreek word.

Die Japannese tennishelde Kei Nishikori en Naomi Osaka. Foto: Getty Images

“Ek sou sê ek voel nogal dieselfde, want ek weet niks wat binne die IOK (Internasionale Olimpiese Komitee) aangaan nie of hoe die Japannese organiseerders se beplanning vorder nie,” sê die 31-jarige Nishikori, 43ste op die wêreldranglys.

“Ek weet nie hoe baie hulle nadink oor hoe hulle die bioborrel gaan skep en veilig maak nie. Dit is nie net 100 mense soos op hierdie toernooi nie, daar gaan 10 000 mense in die atletedorp wees en wat in die toernooie meeding.

“So, ek dink nie dit is maklik nie, veral oor wat tans in Japan aan die gang is. Die land vaar nie goed nie (wat die toename in Covid-19-gevalle betref).”

Die Spele is reeds weens die pandemie met ’n jaar uitgestel en byna 60% van Japan se bevolking sê in ’n meningspeiling wat Maandag bekend gemaak is die sportskouspel moet gekanselleer word.

Osaka, tweede op die ranglys, sê die stygende Covid-19-syfers in Tokio is kommerwekkend en sy is onseker of die Spele moet voortgaan.

“Uiteraard sal ek sê ek wil hê die Spele moet voortgaan, want ek is ’n atleet en dit is soort van waarvoor ek my hele lewe nog wag,” sê sy.

“Maar ek dink daar is soveel belangriker kwessies, veral die afgelope jaar.

“Ek dink baie onverwagte dinge het gebeur en as dit mense se risiko verhoog en hulle ongemaklik laat voel, moet dit beslis bespreek word.”

– Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Kei Nishikori  |  Olimpiese Spele  |  Koronavirus  |  Tennis  |  Tokio  |  Naomi Osaka  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.