Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Jodeslagting-grap in 1998 kos direkteur sy pos

Die Tokio-Spele is Donderdag in verdere chaos gedompel nadat die kreatiewe direkteur van Vrydag se openingseremonie afgedank is.

Kentaro Kobajasji is sy pos as die kreatiewe direkteur van Vrydag se Olimpiese openingseremonie kwyt. Foto: Instagram

Kentaro Kobajasji is in die pad gesteek omdat hy in ’n komedieskets in 1998 die spot gedryf het met die Jodeslagting, ’n feit waaroor die plaaslike media die afgelope dae weer berig het. Die spesifieke produksie het die uitdrukking “Let’s play Holocaust” ingesluit.

Seiko Hasjimoto, president van die Tokio-reëlingskomitee, het die aankondiging Donderdag op ’n Olimpiese nuuskonferensie gemaak.

“Dit is onder ons aandag gebring dat hy in die verlede taal gebruik het in ’n produksie wat die spot dryf met ’n tragiese gebeurtenis uit ons geskiedenis,” sê Hasjimoto.

“Die reëlingskomitee het dus besluit om Kobajasji uit sy pos te verwyder.”

Die Japannese musikant Keigo Ojamada. Foto: Getty Images

Dié drama volg dae nadat die Japannese musikant Keigo Ojamada bedank het uit sy rol as komponis vir Vrydag se openingseremonie.

Ojamada was die laaste paar weke in die spervuur nadat ’n onderhoud wat hy in 1995 met die tydskrif Quick gevoer het, onlangs weer aan die lig gekom het.

In dié onderhoud het Ojamada beskryf hoe hy op skool skuldig was aan boeliegedrag en ’n klasmaat in ’n kartonboks geboender en dit toegeplak het.

Hy het ook vertel hoe hy die spot gedryf het met ’n gestremde leerling.

• Die openingseremonie sal van 12:50 (SA tyd) op SS Grandstand (DStv-kanaal 201) en SS Variety 4 (209) uitgesaai word. – Reuters, Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.