Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Kampioen klop SA hokkievroue met 4-1

Die Suid-Afrikaanse vroue-hokkiespan het met 1-4 teen Brittanje Maandag sy tweede agtereenvolgende nederlaag by die Olimpiese Spele in Tokio gely.

Die Suid-Afrikaners het aanvanklik verras en was tot net voor rustyd nog voor teen die Olimpiese kampioen.

Vroeë vreugde. Die Suid-Afrikaners draf terug nadat Nicole Erasmus (links) hulle vroeg in die wedstryd teen die Olimpiese kampioen laat voorloop het. By haar is Lilian du Plessis (agter) en Quanita Bobbs (regs). Foto: Getty Images

Nicole Erasmus, wat in haar 50ste wedstryd gespeel het, het Suid-Afrika se eerste doel van die Spele in Tokio aangeteken.

Sy was vroeg in die kol met Suid-Afrika se eerste van drie strafhoeke. Die doel in die sesde minuut was egter die Suid-Afrikaners se enigste van die wedstryd.

Brittanje se Ellie Rayer het die gelykmaker net voor rustyd behaal, met haar eerste van twee doele in die wedstryd.

Die Britte was in die derde kwart nog twee keer in die kol.

Lily Owsley het hulle in die 39ste minuut, ná ’n strafdoel, laat voorloop. Laura Unsworth het ’n minuut daarna uit gebroke spel nog ’n doel aangeteken.

Rayer het in die 50ste minuut haar tweede doel aangeteken om die Suid-Afrikaners se doppie finaal te klink.

Die Suid-Afrikaners kom in hul volgende wedstryd Woensdag te staan teen die ewe gedugte Nederland te staan. Nederland was by 2016 se Spele in Rio de Janeiro die verslane finalis en in 2012 in Londen die kampioen.

Nederland was vroeër met 5-1 teen Indië en 4-0 teen Ierland baas. Die Iere het Suid-Afrika in sy eerste groepwedstryd met 2-0 geklop. – Sportredaksie, Olympics.com


Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Sa Vrouehokkiespan  |  Hokkie  |  Tokio-Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.