Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Kan Novak vir Steffi op Spele nadoen?
Novak Djokovic van Serwië hier aan die oefen. Die wêreld se voorste manspeler gaan in Tokio sy aanslag op ’n Goue Slam probeer lewendig hou. Foto: Getty Images

Bolivië se Hugo Dellien, 139ste op die wêreldranglys, sal Novak Djokovic se eerste teenstander by die Olimpiese Spele in Tokio wees.

Dié Serwiër poog om die eerste man te word wat die sogenaamde Goue Grand Slam in tennis wen – oorwinnings in al vier Grand Slams, asook die Spele-toernooi.

Die wêreld se voorste speler het reeds die eerste drie Grand Slam-toernooie van die jaar gewen.

Steffi Graf van Duitsland met haar goue medalje nadat sy Gabriela Sabatini van Argentinië in die eindstryd van die Spele in 1988 in Seoel, Suid-Korea, geklop het. Foto: Getty Images

Steffi Graf van Duitsland (in 1988) die enigste tennisspeler wat al dié prestasie kon vermag.

Spelers van 46 lande is in aksie in vanjaar se Spele-toernooi, wat Saterdag begin.

Brittanje se Andy Murray, die wenner in 2012 en 2016, is op soek na ’n ongekende derde agtereenvolgende Olimpiese mansenkelspeltitel. Hy gaan diep moet delf om Kanada se Felix Auger-Aliassime in sy eerste wedstryd te klop.

Die voorste vrouespeler ter wêreld, Ash Barty, speel in die eerste wedstryd van haar Olimpiese buiging teen Spanje se Sara Sorribes Tormo.

Japan se gunsteling, Naomi Osaka, ’n viermalige wenner in Grand Slam-toernooie, begin haar aanslag teen China se Zheng Saisai.

Die wenner by die vorige Spele, Monica Puig van Puerto Rico, is weens ’n skoueroperasie nie in aksie nie. Sy was in 2016 in Rio de Janeiro haar land se eerste gouemedalje-wenner in enige sport toe sy Duitsland se Angelique Kerber verras het. Kerber is weens ’n dyspierbesering ook nie in Tokio in aksie nie. – Sportredaksie, Reuters

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Steffi Graf  |  Serwie  |  Tokio  |  Duitsland  |  Japan  |  Tennis  |  Olimpiese Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.