Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Kiwi straks 1ste transgender Olimpiër

Die gewigopteller Laurel Hubbard gaan straks die eerste transgender atleet word wat in die Olimpiese Spele meeding nadat sy vanweë ’n reëlverandering vir die sportskouspel in Tokio gekwalifiseer het.

Laurel Hubbard het tot en met 2013 as ’n man meegeding. Hier is die Kiwi in 2018 in aksie. Foto: Getty Images

Volgens Inside the Games is die Nieu-Seelander feitlik ’n plek by die Spele gewaarborg nadat die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) ’n wysiging aan die reëls goedgekeur het omdat verskeie kwalifiseringskompetisies weens die Covid-19-pandemie afgelas is.

Hubbard (43) is nog nie ingesluit in die Kiwi’s se Olimpiese span nie, maar sy sal in die vroue-superswaargewig-kategorie meeding indien sy die paal haal vir Tokio.

Hubbard het voor haar geslagsverandering in 2013 in die mansafdeling meegeding.

Sy is kiesbaar vir die Spele sedert 2015, toe die IOK nuwe riglyne deurgevoer het wat transgender atlete toelaat om as vroue deel te neem mits hul testosteroonvlakke minstens 12 maande voor ’n kompetisie onder 10 nanomol per liter is.

Gewigoptel is ’n fokuspunt in die debat rondom die regverdigheid van transgender atlete wat in vrouesport meeding. Hubbard se teenwoordigheid in Tokio sal baie aandag van die media geniet, asook kritiek lok van haar mededingers en ander afrigters.

Haar goue medaljes by die Suidsee-eiland-spele in Samoa in 2019, waar sy Samoa se Statebondkampioen, Feagaiga Stowers, uitgestof het, was ’n bron van groot omstredenheid.

Australië se gewigoptelvereniging het gepoog om Hubbard te verhoed om aan die Satebondspele in 2018 in die Goudkus mee te ding, maar organiseerders het die versoek van die hand gewys.

Die Amerikaanse gewigoptelvereniging sê hy het geen probleem dat Hubbard aan die Spele deelneem nie.

“Ons respekteer die reëls wat die Internasionale Gewigoptelvereniging en die IOK daargestel het en fokus daarop om ons atlete by te staan om mee te ding teen almal wat vir die Spele gekwalifiseer het,” sê Kevin Farley, woordvoerder van die beheerliggaam. – Reuters

Meer oor:  Laurel Hubbard  |  Olimpiese Spele  |  Iok  |  Transgender
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.