Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Kremlin swyg eers na Spele-skorsing
Dimitri Peskof, woordvoerder van die Kremlin, meen Rusland sal eers al sy opsies oorweeg voordat hy teen die IOK se beslissing sal appelleer. Foto: Getty Images

Rusland sal eers die Internasionale Olimpiese Komitee se beslissing om hom uit die 2018-Winterspele in Pyeongchang te skors deeglik moet ontleed voordat enige optrede oorweeg sal word, het ’n woordvoerder van die Kremlin Woensdag gesê.

Rusland is Dinsdag deelname aan die Spele geweier weens sy staatsgesteunde opkikkerprogram en ’n doelbewuste veldtog om toetse vir die gebruik van verbode middels te manipuleer tydens die 2014-Winterspele wat in Sotsji gehou is.

Russiese atlete sal wel toegelaat word om as neutrale atlete deel te neem onder die vaandel “Olimpiese Atleet van Rusland (OAR),” mits hulle kan bewys dat hulle “skoon” is.

“Ons sal eerstens emosies opsy moet skuif en ernstig die besluit ontleed wat die IOK geneem het, alvorens ons enige besluite oor ons optrede neem,” het Dimitri Peskof, ’n Kremlin-woordvoerder, gesê.

Ons sal eerstens emosies opsy moet skuif en ernstig die besluit ontleed wat die IOK geneem het.
Dimitri Peskov

Peskof meen egter dat Rusland goeie verhoudinge met die IOK wil handhaaf en nie summier sy bande met dié liggaam wil verbreek nie.

“Dit sal nie reg wees om emosionele besluite te neem nie.”

Die Kremlin wou nie sê of die beamptes wat die Sotsji-Spele help reël het, afgedank sou word nie.

“Die prioriteit is om die belange van Rusland se sportlui te beskerm,” het hy bygevoeg. “En om dit te doen, sal ons op al die belangrikste dinge moet fokus en die res sal tweede kom.”

Sochi Olympics logo (File)

Russiese owerhede ontken al vir meer as twee jaar die bestaan van ’n staatgesteunde program vir die gebruik van verbode middels.

* Intussen het 22 van die Russiese deelnemers wat lewenslange skorsings gekry het vir hul beweerde opkikkergebruik tydens die Sotsji-spele besluit om te appelleer teen dié skorsings.

Die atlete het ’n versoek ingedien dat die hof vir arbitrasie in sport voor 9 Februarie (wanneer die Winterspele begin) oor hul lot moet besluit.

Die bobslee-paar Alexandr Zubkof en Dmitry Trunenkof, wat goud gewen het in 2014, tel onder diegene wat appelleer. – Reuters

Meer oor:  Rusland  |  Geskors  |  Iok  |  Winterspele  |  Opkikkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.