Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
KYK: 2 deel goud in mans se hoogspring
Italië se Gianmarco Tamberi en Mutaz Barshim van Katar toe hulle ingestem het om die goue medalje te deel. Foto: Getty Images

Daar was nie een wenner nie, maar twee in die mans se hoogspring-kompetisie Sondag by die Olimpiese Spele.

Die beste kompetisie in jare het op dramatiese wyse geëindig toe Mutaz Barshim van Katar en Italië se Gianmarco Tamberi die eerste plek en goue medalje gedeel het nadat albei daartoe ingestem het.

Die twee en Belarus se Maksim Nedasekau het almal oor 2,37 meter geseil. Nie een kon toe oor 2,39 m kom nie.

Barshim en Gianmarco Tamberi het identiese vertonings gelewer om oor 2,37 te kom, terwyl Nedasekau eers later oor die hoogte is.

Die verwagting was dat Barshim en Tamberi sou uitspring om die titel. Hulle is toe deur die beampte ingelig hulle kan die medalje deel as hulle wil.

Die verwagting was dat Barshim en Tamberi sou uitspring om die titel. Hulle is toe deur die beampte ingelig hulle kan die medalje deel as hulle wil.

Barshim wou weet of dit gedeel kan word, waarna die beampte aan hom gesê het dis moontlik indien albei so besluit. Barshim het gesê dis in die haak met hom. Hy het sy hand uitgesteek aan Tamberi, wat hom omhels het waarna daar pandemonium was.

Tamberi (29) het neergeval en rondgerol op die baan.

Hy het in ’n stadium sy gipsomhulsel waarop gestaan het “Road to Tokyo 2020 2021” by hom gehad. Hy het 2016 se Spele met ’n enkelbesering misgeloop.

Die kleurvolle Italianer was in trane en het bly rondrol van blydskap. Hy sou nie kon deelneem as die Spele verlede jaar plaasgevind het nie.

Brandon Starc in aksie in die eindronde van die mans se hoogspring Sondag in Tokio. Foto: Getty Images

Barshim, wat derde in 2012 en 2016 was, was ook in trane.

Die eerste ses hoogspringers het almal verbeter op hulle beste pogings vanjaar.

Brandon Starc, jonger broer van die Australiese snelbouler Mitchell Starc, se vyfde plek was sy beste vertoning tot nog toe by ’n Olimpiese Spele.

Hy was die wenner by die vorige Statebondspele in 2018 in Australië. – Sportredaksie, dailymail.co.uk, olympics.com

Op Twitter:

Spele-program

Spele-uitslae

Spele-medaljelys

Meer oor:  Tokio  |  Japan  |  Olimpiese Spele  |  Goud
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.