Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
KYK: Duiker voel nie sleg oor haar 0,0-telling

Die Kanadese duiker Pamela Ware het ’n verduideliking op Instagram verskaf vir haar hartverskeurende misoes in die Olimpiese halfeindronde van die 3 m-springplank vir vroue vroeër vandeesweek.

Pamela Ware sê sy is menslik en mag foute begaan. Foto: Getty Images

Ware het op die nippertjie besluit om nie te duik nie en eenvoudig in die water gespring vir ’n telling van 0,0. Dié fout het haar die kans gekos om in die eindstryd vir ’n goue medalje mee te ding.

FoxNews berig Ware (28), ’n bronsmedaljewenner op die Wêreldkampioenskap in 2013, sê sy was bang sy sou haarself beseer indien sy gepoog het om haar beplande duik uit te voer.

“Ek dink ek sou moontlik ’n besering opgedoen het as ek die duik probeer voltooi het,” sê sy.

Ware het haar later tot Instagram gewend om haar gevoelens gedurende die voorval te beskryf. Dit is soortgelyk aan die “twisties” wat die Amerikaanse gimnas Simone Biles beskryf het nadat sy haar aan meeste van die individuele en spankompetisies by die Spele onttrek het.

Ware sê sy is steeds trots op haar prestasies in Tokio en die harde werk wat haar deelname vooraf gegaan het.

“Ek gaan sê ek is baie trots op myself, al is dit regtig moeilik,” sê sy.

“Wat hulle op byeenkomste sien is slegs ’n klein gedeelte van wat ons werklik doen om daar uit te kom.

“Ek was slaggereed vir hierdie kompetisie, en toe maak ek ’n fout. Dit kon met enigiemand gebeur het.

“Ek is egter trots want ek het al die moontlike gedoen om tot hier te vorder en ek is menslik ek mag foute begaan.

“Ek hoop julle ouens raak gewoond aan my teenwoordigheid, want ek gaan nêrens nie; ek gaan nie tou opgooi nie.

“Hierdie voorval definieer my nie en ek sal nie toelaat dat dit my oorwin nie.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Duik  |  Tokio-Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.