Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
KYK: Olimpiër se liefdeslewe ly oor maagdom
Die Amerikaanse Olimpiese atleet Lolo Jones. Foto: Getty Images
Jones by die Winterspele in 2014. Foto: Getty Images

Sy het aan die Olimpiese Somer- én Winterspele deelgeneem, maar die Amerikaanse atleet Lolo Jones sê sy sukkel om ’n afspraak met ’n man te kry.

Die 37-jarige naelloper het in ’n onderhoud in 2012 erken sy is ’n maagd en sal haar nie aan voorhuwelikse seks skuldig maak nie.

Maar met haar verskyning op die komediant Kevin Hart se web-reeks Cold As Balls – waar hy in ’n ysbad onderhoude voer met sportlui – sê Jones haar bekentenis oor haar maagdom het haar nie gehelp om ’n man te vind nie, berig People.

Jones by die ESPYS-toekennings in 2018. Foto: Getty Images

“Dit was ’n fout. My kans vir afsprake was daarna daarmee heen. Voorheen het ek darem nog ’n kans gehad,” sê sy.

“Ek sou voorheen versigtig wees oor wanneer ek hom vertel. Wag ek totdat hy my persoonlikheid beter leer ken? Of moet ek dadelik die bom laat bars?”

Jones het aan die Somerspele in 2008 en 2012 in die 100 m-hekkies meegeding. Sy het daarna haar aandag op bobslee gevestig en die VSA by die Winterspele in 2014 verteenwoordig.

Jones sê sy het nie haar inspirasie vir haar maagdom by haar ma, wat nooit getrou het nie, gekry nie, en dat haar maagdom moontlik haar loopbaan skade berokken het.

“Seks help jou eintlik as ’n atleet, ’n vroueatleet,” sê sy.

“Dit is goed vir die hormone . . . so ek ding mee met ’n nadeel. Alle vroue het ’n natuurlike vlak testosteroon, maar wanneer jy seks het, word daardie natuurlike vlak eintlik verhoog.

“Vir mans, dit tap hulle, so hou op om seks te hê in die aanloop tot byeenkomste.”

Dit is interessant om te meld dat nóg ’n hoëprofiel-sportman wat beloof het om homself van seks te weerhou tot sy troudag, die Amerikaanse voetbalspeler Tim Tebow (32), die afgelope naweek met Demi-Leigh Nel-Peters (24), die voormalige Mej. Heelal en Mej. Suid-Afrika, afgehaak het.

– Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Seks  |  Atletiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.