Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
KYK: Olimpiër tree in bres vir breier
Martyna Trajdos sê daar word ’n groot bohaai oor niks gemaak nie. Foto: Getty Images

Martyna Trajdos, die Duitse judoka wat voor ’n kragmeting in die Olimpiese Spele deur haar afrigter geklap en rondgeruk is, sê dit was alles deel van ’n voorafbeplande ritueel.

Beeldmateriaal van Trajdos en Claudio Pusa, haar afrigter, se “ritueel” het opslae gemaak.

Pusa gryp Trajdos aan haar uitrusting, ruk haar rond en slaan haar met ’n plathand deur die gesig voordat sy in die judo-ring klim.

Independent berig Trajdos sê egter daar word ’n groot bohaai oor niks gemaak nie.

“My afrigter doen eenvoudig wat ek van hom verwag om my slaggereed te kry,” sê sy.

Trajdos (32), ’n voormalige Wêreldkampioenskap-bronsmedaljewenner, is deur die Hongaar Szofi Ozbas in die ronde van 32 uitgeboender.

Sy het later die veelbesproke beeldmateriaal op Instagram gedeel.

“Dit lyk of hy my nie hard genoeg geklap het nie,” sê sy.

“Ek wens ek kon vandag vir ’n ander hoofopskrif gesorg het. Daardie is die ritueel wat ek gekies het voor ek meeding.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tokio-Spele  |  Judo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.