Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
KYK: Rasieleiers verwelkom Olimpiërs

Japannese rasieleiers het Donderdag buite ’n treinstasie in Tokio gesing en gedans om Olimpiese atlete te verwelkom voordat die uitgestelde Spele uiteindelik Vrydag begin.

Rasieleiers wys hul ondersteuning vir die beleërde Spele. Foto: Reuters

“Kom ons ondersteun hulle met al ons mag!” het die vier vroue aan verbygangers geskreeu terwyl hulle gebaljaar het op die maat van Toni Basil se 1980’s-treffer “Hey Mickey”.

Groeplede het plakkate rondgeswaai met die slagspreuke “Veg!” en “Tokio 2020” met ’n prentjie van die Olimpiese ringe.

Die groep tree gereeld buite treinstasies in die hoofstad op om reisigers se gemoedere te lig, maar volgens hul leier, Koemi Asazoema, wou hulle ’n spesiale vertoning lewer op die vooraand van die beleërde Spele se openingseremonie.

Rasieleiers lig die gemoedere van reisigers. Foto: Reuters

“Die Olimpiese Spele en Paralimpiese Spele vind gewoonlik elke vier jaar plaas, maar hierdie keer is albei met ’n jaar uitgestel en baie het gebeur. Gelukkig begin dit môre en ons wou ons ondersteuning wys,” sê sy.

“Toeskouers word nie in die venues toegelaat nie en ons wou eenvoudig by atlete die boodskap tuisbring dat almal oor die wêreld heen nogtans agter hulle staan.”

Die meeste van die byeenkomste in Tokio word voor leë paviljoene beslis weens die Covid-19-pandemie.

Sommige sportsoorte het reeds Woensdag begin, onder meer sagtebal en sokker. Die Spele eindig op 8 Augustus en die Paralimpiese Spele vind van 24 Augustus tot 5 September plaas.

– Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Koronavirus  |  Tokio-Spele  |  Iok  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.