Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Kyk: Toestande ysig, maar aksie witwarm

Die Winterspele gryp steeds die wêreld se verbeelding aan met vlymskerp aksie op die sneeu en ys in Pjeongtsjang, Suid-Korea.

Hier is ’n keur van die foto’s wat van die wêreld se voorste sportfotograwe oor die naweek geneem het.

Die Spele kom Sondag tot ’n einde.

As alles reg verloop, is die aksie skouspelagtig, maar daar is ook talle valslae waar deelnemers hard met Moeder Aarde kennis maak. Harry Laidlaw van Australië koop Sondag ’n stukkie grond in Pjeongtsjang, Suid-Korea, in die reuse-slalom van die Alpynse ski. Foto: Al Belloters, Getty Images
Stefan Brennsteiner van Oostenryk val deur en oor ’n hek. Foto: Mike Segar, Reuters
Holderstebolder vir Stanislau Hladchenko van Belarus in die eindronde van die lugkompetisie van die vrystyl-ski.Foto: Mike Blake, Reuters
Die Duitse span van Nico Walther en Christian Poser beland onderstebo in die spankompetisie van die bobslee. Foto: Arnd Wiegmann, Reuters
Roberto Dickson Sommers van Mexiko laat die stof (sneeu) spat. Foto: Leonhard Foeger, Reuters
Gus Kenworthy van Amerika in aksie in die “slopestyle” van die vrystyl-ski. En dit is net die kwalifiserende ronde! Foto: Mike Blake, Reuters
Dit is wat ’n Olimpiese medalje beteken. Zongyang Jia van China se reaksie nadat hy die silwermedalje wen in die eindronde van die lugkompetisie van die vrystyl-ski. Oleksandr Abramenko van die Oekraïne het sy land se eerste Olimpiese goue medalje gewen. Foto: Issei Kato, Reuters
Haarbreedte verskil. Martin Fourcade van Frankryk wen die 15 km van die tweekamp met millimeters teenoor Simon Schempp van Duitsland. Foto: Toby Melville, Reuters
Is ysbal ’n vinnige sport? Oskar Eriksson van Swede lanseer sy bal in ’n groepwedstryd teen Japan.Foto: Cathal McNaughton, Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.