Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Leeuwyfies pak mekaar vir Spele-goud

Dis die Oranje Leeuwinnen teen Las Leonas (leeuwyfies in Spaans).

’n Nuwe Olimpiese vrouehokkie-kampioen sal Vrydag gekroon word.

Nederland se Eva de Goede, Pien Sanders en Felice Albers vier die vyfde en laaste doel teen Brittanje. Die Nederlandse kaptein, De Goede (links), is die ander helfte van Suid-Afrika se kaptein Tim Drummond. Foto: Gallo Images

Dít volg nadat Nederland, tans wêreldkampioen, Brittanje in die halfeindronde met 5-1 afgeransel het. Daarmee het die Nederlanders behoorlik wraak geneem vir die nederlaag wat hulle in 2016 se Spele-eindstryd in Rio de Janeiro teen die Britte gely het.

Die Britte het met die vorige Spele in Rio de Janeiro vir die eerste keer tot nog toe goud gewen. Die Nederlanders het intussen al wat ’n toernooi is gewen.

Hulle voel steeds die Britte se sege in 2016 se sege (ná ’n strafdoelstryd) was ’n gelukskoot en was oorgehaal om Woensdag die bordjies te verhang.

Nederland, eerste op die wêreldranglys, gaan nou in die eindstryd teen Argentinië, tweede op die ranglys, speel.

Nederland is ’n driemalige Olimpiese kampioen, terwyl die Argentyne twee keer met silwer tevrede moes wees.

Felice Albers het Nederland Woensdag in die tweede kwart laat voorloop toe sy met haar eerste van twee doele die bal tussen die bene van die Britse doelwagter, Maddie Hinch (die heldin in 2016), deurgestuur het.

Marloes Keetels het die telling sekondes daarna 2-0 gemaak, waarna Nederland nie teruggekyk het nie.

Dit was 4-0 in die derde kwart nadat Maria Verschoor ná ’n strafhoek welslae behaal en Albers haar tweede doel aangeteken het. Giselle Ansley het voor die einde van die kwart met ’n strafhoek die Britte se enigste doel aangeteken.

Frederique Matla het met Nederland se agtste strafhoek vir die enigste doel van die laaste kwart gesorg.

Noël Barrionuevo, ervare kaptein van Argentinië. Foto: Getty Images

In die tweede halfeindstryd het Argentinië vir Indië met 2-1 geklop.

Indië se Gurjit Kaur, heldin in die kwarteindstryd teen Australië, het haar span vroeg weer met ’n strafhoek laat voorloop.

Las Leonas se kaptein, die 37-jarige Noël Barrionuevo, het dit vroeg in die tweede kwart – ook ná ’n strafhoek – 1-1 gemaak. Die veteraan het haar span in die derde kwart laat voorloop met nog ’n strafhoek, wat gestaan het ná ’n televisie-verwysing.

• Australië en België, eerste en tweede op die wêreldranglys, speel Donderdag in die mans se eindstryd. – Sportredaksie, olympics.com, thehockeypaper.co.uk

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Hokkie  |  Tokio-Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.