Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
LA glo hy kan fortuin maak uit ’28-Spele
Lede van Milaan en Cortina d’Amprezzo se bodspan Maandag in Lausanne, Switserland, waar hulle as die gasheerstede vir die Winterspele in 2026 aangewys is. Foto: Getty Images

Terwyl al minder wêreldstede – weens finansiële oorwegings – hul name in die hoed gooi om die Olimpiese Spele aan te bied, glo Los Angeles se stadsvaders dat dié sportskouspel sy geldkoffers in 2028 ’n beduidende hupstoot kan gee.

Eric Garcetti, burgemeester van Los Angeles, glo trouens dat dié Kaliforniese stad ’n wins van $1 miljard (R14,3 miljard) met die Spele kan maak.

Die rede vir dié optimisme is dat Los Angeles ’n sterk sport-infrastruktuur het, wat reeds dié stad se ekonomie stu.

’n Ekonomiese impakstudie, wat op versoek van Los Angeles se sportraad gedoen is, het getoon dat sportbedrywe in dié stad verlede jaar ’n inkomste van $6,3 miljard (R90 miljard) gegenereer het en gehelp het om 40 000 werkgeleenthede te skep.

Eric Garcetti, burgemeester van Los Angeles. Foto: Getty Images

“Die gewildheid van sport in Los Angeles het ons die afgelope 100 jaar gehelp om stadions en geriewe te bou wat nodig is om die Olimpiese Spele en ander groot sportgeleenthede aan te bied,” het Bill Allen, uitvoerende hoof van die stad se ekonomiese ontwikkelingskorporasie, aan Reuters gesê.

Volgens hom het sy stad geleer hoe om geriewe volhoubaar te benut en sal hulle nie ná die Spele met tientalle wit olifante sit nie.

Garcetti het Maandag op ’n sportberaad gesê die geskiedenis bewys dat Los Angeles weet hoe om die Spele winsgewend aan te bied.

“Ons het in 1932 ’n miljoen dollar gemaak, $250 miljoen in 1984 en in 2028 kan ons ’n miljard dollar se wins maak,” het hy gesê met verwysing na die vorige kere toe die Olimpiese Spele daar aangebied is.

*Intussen het die Internasionale Olimpiese Komitee Maandag die Winterspele in 2026 aan Milaan en sy Italiaanse vennootstad, Cortina d’Amprezzo, toegeken.

Dié Italiaanse bod het dié gesamentlike bod van Stockholm en Are in Swede uitgestof.

Ironies genoeg het vier ander stede hulle uit vrese vir ’n groot skuldlas verbonde aan die Spele aan die bodproses onttrek.

– Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Los Angeles
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.