Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Meeste Japannese skop stééds vas

Byna 60% van Japan se bevolking meen vanjaar se Olimpiese Spele moet weens die koronavirus-pandemie gekanselleer word.

Volgens meer as een peiling is die oorgrote meerderheid van Japan se bevolking gekant teen die aanbied van die Olimpiese Spele in Tokio. Foto: Getty Images

Dit is die uitslag van ’n meningspeiling wat Maandag bekend gemaak is.

Die Spele is reeds weens die pandemie met ’n jaar uitgestel en is veronderstel om oor minder as drie maande in Tokio te begin.

Die uitslag van die peiling is uitgereik op dieselfde dag as wat die Japannese eerste minister, Josjihide Soega, gesê het dat hy “nooit die Spele eerste gestel het nie”.

Die regering het reeds die noodtoestand in Tokio tot einde Mei verleng en sukkel om die skerp styging in die Covid-19-gevalle in dié gasheerstad in bedwang te kry.

Japan se nasionale inentingsprogram vorder die stadigste onder die wêreld se rykste nasies.

Internasionale Olimpiese beamptes, die Tokio-reëlingskomitee en Soega in sy hoedanigheid as eerste minister het die afgelope paar maande volgehou dat die Spele in ’n “veilige en gesonde” omgewing sal plaasvind.

Buitelandse toeskouers sal nie by die skouspel toegelaat word nie en ’n ellelange lys vereistes, reëls en protokolle vir tuistoeskouers, beamptes en atlete sal streng toegepas word.

Dit het die bevolking van Japan egter steeds nie daarvan oortuig dat die Spele moet voortgaan nie.

Die peiling, wat van 7 tot 9 Mei in die Jomioeri-stadion gehou is, het gewys dat 59% van die respondente wil hê dat die Spele gekanselleer moet word. Net 39% was ten gunste van die sportgebeurtenis.

Die deelnemers aan die peiling het geen opsie gehad om die uitstel van die Spele na ’n ander datum te kies nie.

In nog ’n peiling die naweek deur TBS News, het 65% van die deelnemers gesê die Spele moet óf gekanselleer óf uitgestel word, terwyl 37% glad nie te vinde was daarvoor dat dit aangebied word nie.

Meer as 300 000 mense het ook binne vyf dae ’n versoekskrif onderteken dat die skouspel gekanselleer word.

Soega het in ’n parlementêre vraesessie oor die aanbied van die skouspel in die lig van stygende Covid-19-gevalle, gesê dat hy nooit die Spele “eerste gestel” het nie.

“My prioriteit was en is steeds om die lewens en gesondheid van Japannese te beskerm. Ons moet nou eers probeer om die verspreiding van die virus hok te slaan.”

Hy het bygevoeg dat die Internasionale Olimpiese Komitee die finale sê oor die aanbied van die Spele het. Die regering se verantwoordelikheid is om die veiligheid van toeskouers en atlete te verseker. – Reuters

Meer oor:  Meningspeiling  |  Olimpiese Spele  |  Tokio-Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.