Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Mihambo lewer goue laaste sprong

Die wêreldkampioen in verspring, Malaika Mihambo, spog nou ook met ’n Olimpiese goue medalje.

Malaika Mihambo Dinsdag in die Olimpiese verspring-kompetisie in aksie. Foto: Reuters

Dié Duitser, wie se pa ’n Tanzaniër van geboorte is, het met haar heel laaste sprong ’n wenafstand van 7,00 m behaal. Dit was Duitsland se eerste goue medalje in vanjaar se Olimpiese atletiek-kompetisie.

Mihambo het die Amerikaner Brittney Reese en Nigeriër Ese Brume met dié doodsnik-poging tot onderskeidelik die silwer- en bronsmedalje gerelegeer.

Reese en Brume se beste pogings was albei 6,97 m, maar omdat die Amerikaner se naasbeste sprong 6,95 m was teenoor Brume se 6,90, is die silwermedalje aan haar toegeken.

Mihambo het in 2019 by die Wêreldkampioenskap in Doha goud met ’n sprong van 7,30 m verower.

– Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Koronavirus  |  Tokio-Spele  |  Iok  |  Covid-19  |  Verspring
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.