Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Sportminister mag na Japan reis

Noord-Korea se minister van sport sal toegelaat word om na Japan te reis om vergaderings oor die Olimpiese Spele by te woon.

Kim Il Guk, Noord-Korea se sportminister, sal toegelaat word om Japan binne te gaan om ’n vergadering by te woon. Foto: Getty Images

Die Japanse regering het Dinsdag dié aankondiging gemaak met die land wat in 2020 as gasheer vir die Spele sal optree wanneer die gesogte byeenkoms in Tokio aangebied word.

Weens die missiel- en kerntoetse wat Noord-Korea uitvoer, mag inwoners van dié land nie hul voete in Japan sit nie.

Kim Il Guk, wat ook die president van Noord-Korea se Olimpiese komitee is, sal na Japan reis om die Vereniging van Nasionale Olimpiese Komitees (ANOC) se vergadering by te woon wat Woensdag en Donderdag gehou word.

“Internasionale sport en die Olimpiese handves deel ’n siening van geen diskriminasie teen nasionaliteite nie,” het Yoshihide Suga, Japan se hoofkabinetsekretaris, gesê.

“Dis op grond hiervan dat ons vir minister Kim Il Guk ’n vergunning maak. As ’n uitsondering laat ons hom toe om die land binne te kom.”

Dis nie die eerste keer dat Japan sy verbod verslap in die naam van sport nie.

In Februarie 2017 is atlete en beamptes van Noord-Korea ook toegelaat om die land binne te gaan om aan die Asiese Winterspele in Sapporo deel te neem.

Noord-Korea sal na verwagting ook aan die 2020- Olimpiese Spele deelneem. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Japan  |  Noord-Korea
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.