Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Noord-Korea trek neus op vir Spele

Weens vrese oor die Covid-19-pandemie sal Noord-Korea nie sportmanne en -vroue aan vanjaar se Olimpiese Spele laat deelneem nie – wat ook ’n terugslag vir Suid-Korea se planne is vir hernude vredesgesprekke tussen die twee lande.

Suid-Korea se span by die openingseremonie van die Olimpiese Spele in 2016 in Rio de Janeiro. Foto: Getty Images

Dit sal die eerste keer sedert die Spele in 1988 in Seoel wees, toe Noord-Korea dié byeenkoms geboikot het, dat die land ’n Somerspele misloop.

Vanjaar se Spele begin op 23 Julie in Tokio.

Moon Djae-in, Suid-Korea se president, het gehoop die twee lande, wat steeds tegnies in ’n oorlog met mekaar is sedert hul konflik van 1950 – 1953 in ’n wapenstilstand geëindig het, kon ’n gekombineerde span vir Tokio kies. Dit sou dan ook momentum vir verbeterde verhoudinge tussen die twee lande verleen.

Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea. Foto: Getty Images

Die Noorde se onttrekking aan die Spele is ook ’n terugslag vir planne wat in 2018 tussen Moon en Kim Jong-oen, Noord-Korea se leier, gemaak is om ’n gesamentlike bod te doen om die Spele in 2032 aan te bied.

Toe Suid-Korea gasheer was vir die Winterspele in Pjeongtsjang in 2018, het Kim sy suster gestuur om die land se afvaardiging te lei. Toe het die twee lande onder ’n verenigde vlag die openingseremonie bygewoon en ’n gekombineerde vroue-yshokkiespan in die veld gestoot.

Noord-Korea se besluit om nie deelnemers na die Spele te stuur nie, is luidens ’n verklaring van die land se sportministerie geneem “(om ons) atlete te beskerm teen die globale gesondheidskrisis wat deur die koronavirus veroorsaak word”.

Volgens Noord-Korea se regering is daar geen voorvalle van Covid-19 onder sy bevolking nie. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Suid-Korea  |  Noord-Korea  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.