Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Novak nog ’n tree nader aan ‘Super-Slam’

’n Mens sou Novak Djokovic kon vergewe as hy nié by die Olimpiese Spele aan die tenniskompetisie wou deelneem nie.

Hy het immers al drie spannende, uitmergelende Grand Slam-toernooie – en baie weke weg van die huis – agter die rug.

Dié 34-jarige Serwiër wou egter sy land in Tokio verteenwoordig.

Nou staan hy op die rand van nóg ’n grootse prestasie en Djokovic sê “druk is ’n voorreg”.

Die Serwiër Novak Djokovic slaan Donderdag af in sy wedstryd teen Kei Nishikori van Japan. Foto: Getty Images

Die wêreld se voorste manspeler het reeds vanjaar die Australiese Ope, Franse Ope en Wimbledon gewen en ’n goue in Tokio, asook ’n oorwinning in die Amerikaanse Ope, sal hom ’n ekstra blaadjie in die geskiedenisboeke gee.

Steffi Graf is die enigste tennissspeler wat al vier Grand Slams én ’n Olimpiese goud in dieselfde jaar gewen het.

Dié Duitser het haar prestasie in 1988 behaal.

Djokovic het Donderdag tot die halfeindronde deurgedring toe hy Kei Nishikori van Japan van die baan gevee het. Hy het in 1 uur en tien minute met 6-2, 6-0 geseëvier.

Djokovic is ook saam met Nina Stojanovic in die gemengde dubbelspel in aksie – die eerste keer dat hy by die Spele aan dié afdeling deelneem.

Die Serwiër gedy onder druk.

“Sonder druk is daar geen professionele sport nie. As jy die toppunt van jou sport wil bereik, moet jy begin leer om die druk te hanteer, hoe jy oomblikke en verwagtinge hanteer – op en weg van die baan.

Die Japannese tennisspeler Naomi Osaka en die Amerikaanse gimnas Simone Biles het die laaste tyd gepraat oor die ongelooflike druk wat daar op hulle is.

In die Speledorp is Djokovic omtrent ’n “celeb”, met atlete van ander sporte wat selfies saam met hom wil hê.

Djokovic skram ook nie weg van dié aandag nie.

“Ek het geleer hoe om sulke dinge te hanteer – op ’n manier wat dit nie my aandag sal aftrek en my moeg maak nie.

“Ek het genoeg ervaring om daarna my beste tennis op die baan te lewer,” sê Djokovic.

Hy sal in die halfeindronde te staan kom teen die Duitser Alexander Zverev of Jeremy Chardy van Frankryk. Die eindstryd is Sondag. – Sportredaksie, Reuters

Spele-program

Spele-uitslae

Spele-medaljelys

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Novak Djokovic  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.