Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Gemengde aflos kan sorg vir opwinding

Opwindende aksie wag Vrydag in Tokio wanneer die 400 m- gemengde aflos vir die eerste keer as deel van die Olimpiese Spele se atletiekprogram aangebied word.

Die Amerikaanse 400 m-atleet Michael Cherry. Foto: Getty Images

Spanne sal elk twee mans en twee vroue in hul geledere hê.

Amerika sal die gunsteling wees vir Saterdag se eindronde, mits hy nie in Vrydag se uitdunne enige blapse met die oorgee begaan nie.

Die Amerikaanse span het in 2019 dié nommer by die Wêreldkampioenskappe in Doha gewen. Jamaika is ook ’n sterk aanspraakmaker op goud.

Die wedloop kan ’n onvoorspelbare een wees, want daar is nie reëls wat bepaal in watter volgorde die mans en vroue moet hardloop nie.

In die eindronde in Doha het Pole se mans die eerste twee bene gehardloop, met die vroue die laaste twee. Die ander spanne het hul mansatlete in die eerste en vierde bene ingespan.

Pole het ná die tweede been ’n aansienlike voorsprong gehad, maar dit in die derde been verloor.

In die laaste been het die Amerikaner Michael Cherry ’n voorsprong opgebou en sy span gehelp om ’n wêreldrekord te behaal in 3 minute, 09.34 sekondes. Jamaika het tweede geëindig en Pole vyfde.

Die onvoorspelbaarheid van die nommer sal ondersteuners aan die raai hou.

Die Duitse span het in Junie die voorste tyd tot dusver vanjaar van 3:13.57 aangeteken, gevolg deur Oekraïne en Nigerië. – Reuters

Spele-program

Spele-uitslae

Spele-medaljelys

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Atletiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.