Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Olimpiese medaljewenner doodgesteek

Die sierskaatser Denis Ten, Kazakstan se eerste Olimpiese medaljewenner in dié sport, is in die ouderdom van 25 dood nadat rowers hom aangeval en gesteek het.

Denis Ten (25) se lewe het op ’n tragiese wyse vroeg tot ’n einde gekom. Foto: Getty Images

ABCSport berig Ten, wat brons by Sotsji in 2014 verower het, is Donderdag in Almaty in sy bobeen gesteek nadat twee mans die kantspieëltjies op sy motor wou steel.

Ten is na die hospitaal gehaas, maar is drie uur later dood.

Die Amerikaanse sierskaatser Adam Rippon het sy medelye op Twitter gedeel. “Hy was so gaaf en ’n groot inspirasie vir my en so baie ander mense,” sê hy.

“Denis, dankie dat jy ons gewys het hoe om ’n kampioen te wees. Jou tyd saam met ons was heeltemal te kort.”

Februarie se Winterspele in Pjongjang was Ten se derde nadat hy sy debuut in 2010 in Vancouver gemaak het.

Hy het die 27ste plek behaal by die Spele in Suid-Korea.

Kazakstan se president, Noersoeltan Nasarbajef, het Ten se bydrae aan die land geloof.

“Sy uitstekende prestasies het ons land verheerlik en gehelp om sport onder ons jongmense gewild te maak.

“Denis was nie net ’n uitstekende atleet nie, maar ook ’n man van kenmerkende individualiteit, ’n ware patriot.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Winterspele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.