Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Naomi Osaka ly skok-nederlaag
Naomi Osaka het in die derde ronde van die vroue-enkelspel verloor. Foto: Reuters

Die tennisspeler Naomi Osaka van Japan sê haar ervaring in die Olimpiese Spele was ’n goeie een, al het sy in die derde ronde vasgeval.

Marketa Vondrousova van Tsjeggië het haar Dinsdag teen die verwagting in met 6-1, 6-4 uitgeskakel.

Daar was groot hoop in Japan dat die 23-jarige Osaka ’n medalje sou wen. Sy het Vrydag tydens die openingseremonie die Olimpiese fakkel aangesteek.

Osaka erken daar was druk op haar, maar sy was nietemin tevrede met haar Spele-debuut.

“Ek is baie bly om hier te wees. Ek is hartseer dat ek verloor het, maar in die algemeen tevrede met my eerste Olimpiese ervaring."

Osaka sê sy het geen onmiddellike planne nie en is nog onseker of sy in New York haar titel in die Amerikaanse Ope gaan verdedig.

Osaka het in die Spele-toernooi teruggekeer na die baan nadat sy in Mei haar aan die Franse Ope onttrek het.

Die viermalige Grand Slam-kampioen het gepoog om net die vierde enkelspelspeler sedert 1988 te word wat ’n goue medalje op tuisbodem wen.

Osaka se nederlaag volg op dié van Ashleigh Barty, die nr. 1-vrouespeler, en nr. 3, Aryna Sabalenka, wat reeds uitgeskakel is.

Vondrousova sê die kompetisie is nou wawyd oop. Sy sal in die kwarteindronde teen Paula Badosa van Spanje te staan kom.

• In die mansenkelspel het die Griek Stefanos Tsitsipas die derde ronde gehaal deur Frances Tiafoe van Amerika met 6-3, 6-4 te klop.

Diego Schwartzman van Argentinië het Tomas Machac (Tsjeggië) met 6-4, 7-5, verslaan. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tennis  |  Naomi Osaka  |  Geestesgesondheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.