Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Olimpiër (66) wil nog lank deelneem
Mary Hanna neem op haar perd, Calanta, aan die individuele dressuur-kompetisie in Tokio deel. Foto: Reuters

Tokio 2020 se oudste Olimpiër, Mary Hanna (66) ’n Australiese perderuiter, het Saterdag gesê sy hoop om in 2024 weer by die Spele in aksie te wees.

Hanna verteenwoordig haar land in dressuur, een van die drie perdesportdissiplines, wat die enigste Olimpiese sportsoorte is wat nie onderskeid tref tussen geslagte nie en waarin atlete ouer as 50 jaar dikwels op die hoogste vlak meeding.

“Ek weet nie wat anders om te doen nie. Ek doen dit nou al vir so lank. Kyk, ruiterkuns is een van daardie wonderlike sportsoorte wat jy kan beoefen, ongeag van jou ouderdom of geslag,” het Hanna gesê nadat sy Saterdag aan die kwalifiserende ronde deelgeneem het.

Hoop sy om in Parys in 2024, aan wat haar sewende Spele sal wees, deel te neem?

“Ja, beslis. Dit is net oor drie jaar. Buiten as my liggaam ingee, mik ek beslis vir Parys.”

Hanna – wat vier kleinkinders het en wat 54 jaar ouer is as die jongste deelnemer in Tokio, die 12-jarige Siriese tafeltennisspeler Hend Zaza – het ook nie hoop opgegee om ’n Olimpiese medalje te wen nie.

“Jy droom altyd dat jou volgende perd, jou volgende kompetisie, dat jy beter gaan vaar. Jy streef daarna om die beste te doen wat jy kan. Die Olimpiese Spele gaan ook baie oor deelname, so dit is net goed om hier te wees.”

Australië was in die 12de plek uit 14 spanne ná Saterdag se eerste kwalifiserende ronde van die dressuur-kompetisie. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.