Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Powell se afwesigheid kan Blitse ‘aanvuur’
Die Blitsbokke hou kajuitraad in die Kaapstad-sewestoernooi in 2019. Foto: Gallo Images

By drie oud-Blitsbokke bestaan daar geen twyfel nie dat die nasionale sewesrugbyspan die verlies aan hul afrigter, Neil Powell, weens Covid-19 in ’n positiewe situasie op die Olimpiese Spele gaan omskep.

Op die oog af is die Blitsbokke ’n enorme slag toegedien met Sondag se nuus dat Powell positief vir Covid-19 getoets is. Dit beteken dat hy in kwarantyn is en nie langs die veld sal wees wanneer Suid-Afrika Maandag sy eerste wedstryd in Tokio speel nie.

Powell is egter steeds daagliks via e-pos, WhatsApp, Zoom en telefoonoproepe met die spelers en die res van die spanbestuur in verbinding. Die span se hulpafrigter, Renfred Dazel, sal die leisels langs die veld neem.

“Renfred is al baie lank Neil se assistent en ek dink nie daar is enige paniek nie. Dit is nie ’n geval van nou is die hoof weg en niemand weet wat om te doen nie,” sê die gewese Blitsbok Jonathan Mokuena.

“Om die waarheid te sê, ek dink die feit dat Neil nie daar is nie, gaan die span nog meer as ’n hegte eenheid saamsnoer. Dit is hoe ons Suid-Afrikaners is, dit sal as ekstra aansporing vir die spelers dien om hul beste te lewer.”

Drie oud-Blitsbokke is van mening dat die nasionale sewesspan die terugslag van Neil Powell se fisieke teenwoordigheid in iets positiefs gaan omskep. Foto: Gallo Images

Fabian Juries, bekend as die dartelkwartel in sy speeldae, wys daarop dat Powell en Dazel “dieselfde dink”.

“Wat die gebruik van byvoorbeeld plaasvervangers tydens ’n wedstryd betref, is Neil en Renfred op dieselfde bladsy. Hulle dink dieselfde en weet wanneer om watter besluite te neem,” sê Juries.

Kabamba Floors, wat ook soos Mokuena en Juries die Blitsbokke in sy speeldae aangevoer het, is ook vol vertroue dat Powell se afwesigheid nie ’n negatiewe effek gaan hê nie. Floors praat met lof van Dazel, saam met wie hy gespeel het.

“Deel van die seweskultuur gaan daaroor om die positiewe uit ’n terugslag te neem. Dit is soos om ’n speler te verloor. Die persoon wat in sy plek speel, moet 110% insit,” sê Floors.

“Die afrigter wat moet waarneem as Neil nie daar is nie, moet die leisels neem. Hy (Dazel) is iemand met baie integriteit en die spelers respekteer hom. Die ouens speel nie vir ’n afrigter nie, hulle speel vir die trui.

“As jy elke keer ’n afrigter nodig het om jou te motiveer, is dit nie ’n gesonde omgewing nie. Daar is baie kere dat Neil daar is, maar nie noodwendig iets sê nie,” sê Floors. “Om daar te wees, is belangrik. As die ouens egter reg ingestel is, kan hulle steeds sy teenwoordigheid ervaar, selfs al is hy nie langs die veld nie.”

* Kyk hoe het die Blitsbokke verlede jaar in die eindstryd van die Los Angeles-toernooi teen Fidji teruggeveg toe hulle met die rug teen die muur was:

Meer oor:  Sewesrugby  |  Olimpiese Spele  |  Neil Powell  |  Blitsbokke  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.