Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Rafa weet ook nog nie of hy in Spele sal speel

Rafael Nadal sê hy is onseker oor sy deelname aan die Olimpiese Spele in Tokio weens kommer oor die Covid-19-pandemie.

ABCSport berig die Spaanse wenner van 20 Grand Slam-titels, wat ’n Olimpiese goue medalje in die enkelspel in 2008 en dubbelspel in 2016 verower het, sê sy skedule is nog nie vasgemaak nie.

Rafael Nadal kyk nog die kat uit die boom wat die Olimpiese Spele betref. Foto: Getty Images

“Ek sal uiteraard onder normale omstandighede dit nooit oorweeg om die Spele mis te loop nie,” sê die 34-jarige Nadal.

“Maar onder hierdie omstandighede . . . ek weet nie.”

Hy is die vierde tennisster wat die afgelope week sy huiwering oor die Spele openbaar maak.

Serena Williams (39) wik en weeg nog of sy regtig in Julie in Japan wil wees omdat sy daarheen sal moet reis sonder haar dogter, Olympia. Die gasheerland se Kei Nishikori en Naomi Osaka is ook bekommerd oor die moontlike gesondheidsgevaar op die sportskouspel en is onseker of dit moet voortgaan.

Tokio is weens ’n skerp toename in Covid-19-gevalle onder ’n noodtoestand geplaas, slegs tien weke voordat die uitgestelde Spele op 23 Julie moet begin.

Nadal sê hy beplan om “te kyk wat oor die volgende paar maande gebeur”. Hy is tans by die Italiaanse Ope in Rome in aksie.

“Maar ek moet my skedule organiseer,” sê hy.

“In ’n gewone jaar ken ek gewoonlik my skedule 100% van 1 Januarie tot en met die einde van die seisoen. Vanjaar is dit ’n bietjie anders, nè? Ons moet maar aanpasbaar wees. Ons moet kan aanpas soos dinge gebeur.” – Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tennis  |  Tokio-Spele  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.