Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Ras-skandaal ruk Olimpiese fietsry

Die direkteur van die Duitse Fietsryunie het om verskoning gevra nadat hy hom skuldig gemaak het aan rassistiese taalgebruik op die Olimpiese Spele in Tokio.

Patrick Moster, direkteur van die Duitse Fietsryunie, sit die Olimpiese deelnemer Nikias Arndt agterna en skreeu vir hom ‘Hol die kameltreiber’, oftewel ‘Vang die kameel-ryer’. Foto: Skermgreep

DW berig Patrick Moster is deur verskeie omstanders gehoor toe hy in die tydtoets vir mans vir sy fietsryer Nikias Arndt skreeu: “Vang die kameel-ryers, vang die kameel-ryers, komaan!” terwyl die Duitser gepoog het om die Ethiopiër Amanuel Ghebreigzabhier en die Algeriër Azzedine Lagab in te haal.

Die Sloween Primoz Roglic het in die tydtoets geseëvier en meer as ’n minuut voor sy naaste teenstanders, Tom Dumoulin en Rohan Dennis, klaargemaak.

“Ek het in die hitte van die oomblik en te midde van al die druk wat ons tans hier ervaar die verkeerde woordkeuse gebruik,” sê Moster.

“Ek is jammer, oneindig jammer, ek kan eenvoudig net opreg om verskoning vra. Dit was nie my bedoeling om enigiemand oneer aan te doen nie.”

Moster se pos is waarskynlik nou in die weegskaal, veral nadat die Duitse Olimpiese Komitee (DOSB) bevestig het hy beplan om met sy fietsrybaas te vergader.

“Die Duitse span verbind hom tot die Olimpiese waardes van respek, regverdige mededinging en verdraagsaamheid. Ons leef hierdie waardes uit in alle kompetisies,” sê Alfons Hormann, president van die DOSB.

“Dit is belangrik dat Patrick Moster dadelik ná die byeenkoms om verskoning gevra het. Ons vergader later vandag persoonlik met hom en sal die kwessie dan hanteer.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tokio-Spele  |  Rassisme  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.