Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Rekordgetal virusgevalle in Tokio
’n Kennisgewing by ’n Olimpiese stadion dat mense hul masker oor die neus ook moet dra. Foto: Getty Images

Tokio se 2 848 nuwe koronavirusgevalle Dinsdag is die meeste sedert die Covid-19-pandemie begin het, sê gesondheidsowerhede.

Hospitale in die gasheerstad vir die Olimpiese Spele maak gereed om meer pasiënte op te neem, berig die media in Japan.

Kenji Shibuya, ’n voormalige direkteur van die Instituut vir Bevolkingsgesondheid van die King’s College, Londen, sê die toename in gevalle is weens die Delta-variant.

Shibuya sê dit is onmoontlik om vas te stel in watter mate die Spele bygedra het tot die nuwe vlaag van infeksies.

Hy blameer wel die sportskouspel en sê dit is een van die “groot redes” vir die toename in infeksies.

“Die regering sê mense is veronderstel om tuis te bly, maar terselfdertyd vier hulle die Spele. Dit is ’n inkonsekwente boodskap.”

Shibuya help met die inentingsprogram in ’n dorp in die noorde van Japan.

Ten spyte van streng maatreëls vir kwarantyn en daaglikse toetse, is daar 155 koronavirusgevalle onder betrokkenes by die Spele.

Covid-19-toetsmonsters wat die media gebruik. Foto: Getty Images

– Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Koronavirus  |  Tokio-Spele  |  Iok  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.