Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Rojas verbeter wêreldrekord in driesprong
Yulimar Rojas van Venezuela poseer vir ’n foto nadat sy driesprong-goud met ’n wêreldrekord verower het.Foto: Getty Images

Yulimar Rojas van Venezuela het ’n wêreldrekord wat sedert haar geboortejaar in die boek was met haar laaste sprong in die vroue se driesprong-kompetisie by die Olimpiese Spele in Tokio verbeter.

Sy het die goue medalje met ’n sprong van 15,67 meter gewen en te verstane feesgevier soos lanklaas gesien is.

Rojas (25) het vroeg in die eindstryd die Olimpiese rekord verbeter. Sy het ’n kans op die wêreldrekord verspeel deur oor te trap en toe met haar laaste poging dit omtrent verpletter.

Sy het ’n kans op die wêreldrekord verspeel deur oor te trap en toe met haar laaste poging dit omtrent verpletter.

Die Oekraïne se Inessa Kravets het in 1995 15,50 m ver gespring.

Die vorige beste by ’n Spele was die 15,38 m, wat in 2008 in Beijing behaal is. Rojas, ’n tweemalige wêreldkampioen, het 15,41 m met haar eerste poging behaal.

Sy moes in 2016 in Rio de Janeiro met silwer tevrede wees.

Patricia Mamona van Portugal (15,01 m) en Ana Peleteiro van Spanje (14,87 m) was onderskeidelik tweede en derde en het albei met nasionale rekords op die podium geklim. – Sportredaksie, olympics.com

Spele-program

Spele-uitslae

Spele-medaljelys

Meer oor:  Tokio  |  Venezuela  |  Japan  |  Wêreldrekord  |  Olimpiese Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.