Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Rus verlaat Spele weens opkikkers

’n Russiese ysbalspeler, wat ’n medalje by die Winterspele in Pjeongtsjang, Suid-Korea, gewen het, het die Spele verlaat weens bewerings dat hy opkikkers gebruik het.

Alexander Krushelnitsky in aksie in vanjaar se Olimpiese Winterspele. Foto: Getty Images

Die skandaal het Alexander Krushelnitsky se spanmaats geskok en kan Rusland se kans bemoeilik om weer Olimpiese status te verkry.

Krushelnitsky neem deel aan ysbal (curling), een van dié Spele se sportsoorte wat die minste inspanning verg. Daar word vermoed dat hy positief getoets het vir meldonium, ’n verbode middel wat bloedvloei en oefenvermoë verhoog.

Volgens Konstantin Vybornov, die Russiese afvaardiging se woordvoerder, het hy sy akkreditasie aan die owerhede oorhandig en die Olimpiese dorp verlaat terwyl daar vir die uitslae van ’n tweede bloedmonster gewag word.

Krushelnitsky het saam met sy vrou, Anastasia Bryzgalova, die bronsmedalje in die gemengde dubbelspel gewen.

Die beweerde oortreding het die Russiese span, wat hul beeld ná jare se opkikkerskandale probeer poets, geskok.

Ysbal verg goeie sig en vaardighede eerder as fisieke fiksheid.

“Met ons is dit nie vinniger, hoër en sterker nie. Dit gaan daaroor om meer akkuraat te wees. Ek kan nie dink watter verbode middels mens in ysbal moet gebruik nie. So dis baie moeilik om te glo,” sê Viktoria Moiseeva, ’n Russiese ysbalspeler.

Die Wêreldagentskap teen verbode middels (Wada) het sedert Januarie 2016 meldonium op sy lys van verbode middels geplaas omdat dit gebruikers toelaat om meer suurstof in hul spierweefsel te behou.

Die tennisspeler Maria Sharapova, ook van Rusland, is voorheen vir 15 maande geskors weens die gebruik van meldonium. - Reuters

Meer oor:  Olimpiese Winterspele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.