Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Russiese atlete wil volksliedjie sing

Russiese atlete het voorgestel dat die patriotiese volksliedjie Katjoesja” vir die volgende twee jaar op internasionale sportbyeenkomste gesing word nadat hul nasionale volkslied weens die land se oortredings rakende opkikkers verbied is.

Dié liedjie was tydens die Tweede Wêreldoorlog baie gewild en was, volgens sommiges, ook die inspirasie agter die voormalige Sowjet-unie se Katjoesja-vuurpyllanseerders.

Die Russiese skermer Sofya Velikaya. Foto: Getty Images

Die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS), wat in Switserland gesetel is, het verlede maand beslis dat die skorsing van Russiese atlete uit alle groot internasionale sportbyeenkomste gehandhaaf word.

Dit sluit die Olimpiese Spele ook in, met Russiese atlete wat net mag aansoek doen om as neutrale deelnemers op die Spele hul slag te wys.

Dit was ’n groot terugslag vir Russiese sport, wat die laaste paar jare deur ’n rits opkikkerskandale getref is.

CAS het Donderdag in ’n dokument van 186 bladsye die redes vir sy beslissing uitgestippel.

Die beslissing, wat Rusland se aanvanklike skorsing van vier jaar halveer, sal beteken dat die Russiese vlag nie op vanjaar se Tokio-Spele, die Beijing-Winterspele in 2022 of die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Katar in 2022 mag wapper nie.

Die Russiese Olimpiese Komitee (ROC) se kommissie vir atlete hetKatjoesja” as ’n alternatief tot die volkslied voorgestel.

“Daar is baie opsies van musikale begeleiding, selfs ’n paar moderne liedjies,” het Sofya Velikaya, Olimpiese skermer wat ook voorsitter van die kommissie vir atlete is, aan Russiese nuusagentskappe gesê.

“Ons het egter in ’n stemming op ‘Katjoesja’ besluit.”

Dit is nog onduidelik of die speel van “Katjoesja” toegelaat sal word.

Die CAS het in Desember in sy beslissing gesê dat “die Russiese nasionale volkslied (of enige temalied wat met Rusland verbind word) nie op enige amptelike sportbyeenkoms gespeel of gesing mag word nie”.

Dit sluit openings-, afsluitings- en medaljeseremonies in.

’n Verdoemende verslag deur die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels (Wada) het in 2015 bewyse van ’n staatgesteunde opkikkerprogram in Russiese atletiek gevind.

Rusland hou egter nog deurlopend vol dat so ’n program nie bestaan nie. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Atletiek  |  Rusland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.