Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Kuberkrakers het glo Spele in die visier

Japan sal teenmaatreëls instel om te verseker dat hy nie tydens volgende jaar se Olimpiese Spele weer in kuberkrakers se visier beland nie.

Só het ’n woordvoerder van die regering gesê nadat Brittanje en die VSA Maandag uitgevaar het teen, wat hulle glo, ’n reeks van kuberaanvalle was wat deur die Russiese militêre intelligensie geloods is.

Dié aanvalle het ook pogings ingesluit om die voorbereiding vir die Olimpiese en Paralimpiese Spele te beïnvloed.

Dié byeenkomste sou aanvanklik vanjaar gehou word, maar is weens die koronavirus-pandemie uitgestel.

Katsoenoboe Kato, hoofsekretaris, sê Japan sal gereed wees vir enige kuberaanvalle tydens volgende jaar se Olimpiese Spele. Foto: Getty Images

Katsoenoboe Katoe, hoofsekretaris, het op ’n nuuskonferensie gesê Japan kommunikeer deurlopend met die VSA en Brittanje rondom dié kwessie en hy is self besig om inligting in te samel en te ontleed. Hy wou egter nie verdere besonderhede gee nie.

Britse beamptes het ook Maandag gesê die kuberkrakers van Rusland se militêre intelligensie het ook “kuberverkenning” op die Tokio Spele se organiseerders toegepas.

Hulle wou egter ook nie uitbrei oor wat presies die nuutste aanvalle behels het nie en ook nie sê of dit suksesvol was nie.

Hulle kon egter wel sê dat die Spele se organiseerders, logistieke verskaffers en borge in die visier was.

Die Tokio-reëlingskomitee het egter in ’n verklaring gesê hy het geen “noemenswaardige invloed” van kuberkrakers gesien nie.

Die aanvalle op die Olimpiese Spele is die nuutste in ’n rits pogings waar kuberkrakers internasionale sportliggame takel, met kenners wat reken dat dié aanvalle deur Rusland uitgevoer word nadat hy homself in die middel van ’n opkikker-skandaal bevind het.

Moskou het egter by verskeie geleenthede al dié beskuldigings ontken.

Rusland is in Desember vir vier jaar uit van die wêreld se grootste sportkodes geskors nadat hy deurlopend oortreding rakende opkikkers begaan het.

Die Tokio Spele geld ook op die lys van byeenkomste waaraan sy atlete nie onder die nasionale vaandel sal mag deelneem nie.

Luidens ’n woordvoerder van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) lê dié liggaam ook tans klem op kuberveiligheid.

“Die IOK en die reëlingskomitee van die Olimpiese Spele het kuberveiligheid geïdentifiseer as ’n area wat prioriteit moet geniet en bestee tans baie tyd daaraan om so ’n veilige omgewing as moontlik te skep,” het die woordvoerder aan Reuters gesê.

“Gegewe die aard van die onderwerp, kan ons nie daardie maatreëls bekend maak nie.” – Sportredaksie, Supersport

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Kuberkrakers  |  Iok  |  Paralimpiese Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.