Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Rynardt hardloop halfeind-plek los
Rynhardt van Rensburg eindig tweede in die derde uitdun van die 800 m op die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro. David Rudisha was die wenner. Foto: AP

Die Kovsie-atleet Rynardt van Rensburg het die Suid-Afrikaanse atletiekspan se Olimpiese veldtog op ’n hoë noot begin toe hy Vrydag op indrukwekkende wyse vir die halfeindronde van die 800 m-wedloop gekwalifiseer het.

Van Rensburg het tweede geëindig in die derde uitdun danksy ’n tyd van 1:45.67. 

Die drie halfeindronde-wedlope vind Sondagoggend kort ná drie uur (SA tyd) plaas.

Van Rensburg het vooraf belowe hy sal nie terughou nie en het sy woord gestand gedoen. Hy was ná 400 m vierde en het in die laaste 150 m opgeskuif na die tweede plek agter Rudisha en met ’n stewige eindpoging seker gemaak dat niemand hom verbysteek in die pylvak nie.

Die Keniaan David Rudisha, die wêreldkampioen en -rekordhouer, het Van Rensburg se uitdun in 1:45.09 gewen.

Die Vrystater se tyd was algeheel derde vinnigste. Rudisha s’n was die haastigste, met Djiboeti se Ayanleh Souleiman se 1:45.48 die naasvinnigste.

Suid-Afrika se ander deelnemer in die 800, Jacob Rozani, kon nie sy landgenoot nadoen nie en het vyfde in die vyfde uitdun geëindig. Sy tyd was ’n teleurstellende 1:49.79. 

In die 10 000 m vir vroue moes die Suid-Afrikaanse langasem Dominique Scott dophou hoe haar Ethiopiese teenstander Almaz Ayana die wêreldrekord flenters hardloop met ’n tyd van 29 minute, 17.45 sekondes.
Die vorige rekord (29:31.78) is 23 jaar gelede deur Wang Junxia van China opgestel.

Scott het die vinnigste tyd van haar loopbaan, 31:51.47, behaal, maar dit was net goed genoeg vir die 21ste plek. 

– Sportredaksie


Meer oor:  Spele  |  Rio
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.