Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Ashleigh ‘sal verstaan’ oor Spele

Wanneer Ashleigh Moolman-Pasio in Julie haar fiets op die wegspringlyn in Tokio se Moesasjinonomori-park staanmaak, sal dit wees met ’n medalje-droom.

Vanjaar sal sy immers vir die derde keer aan die Olimpiese Spele deelneem – wat beteken sy het die nodige ervaring om gróót ideale te koester.

Ashleigh Moolman-Pasio gaan met groot drome Tokio toe. Foto: Getty Images

“Om aan ’n Olimpiese Spele deel te neem, is letterlik ’n kinderdroom wat waar word, so vir almal is dit ’n groot oomblik,” het Moolman-Pasio Donderdag gesê, tydens die aankondiging van die eerste lede van Suid-Afrika se Olimpiese span.

“Ek het nou reeds twee Spele ervaar, so ek dink in my derde sal ek die voordeel hê van ervaring, en die reg om te gaan vir ’n top-uitslag. Iets so groot soos die Olimpiese Spele kan nogal oorweldigend wees, so ondervinding daarvan is belangrik. In my geval kan dit dalk ook my laaste geleentheid (vir ’n Olimpiese medalje) wees, so ek is selfs gretiger om die land trots te maak.”

Anders as met haar vorige Spele-ervarings, in Londen in 2012 en Rio de Janeiro in 2016, sal Moolman-Pasio dié keer as ’n wêreldkampioen aantree.

Die 35-jarige het verlede Desember die eerste virtuele wêreldkampioenskap tot nog toe gewen, ná ’n wedren oor 50 km in die kuberwêreld op Zwift.

“Ek is baie trots op daardie prestasie, want dit het aan my gewys ek kan teenspoed in geleenthede omskep,” het sy gesê. “Dit was ’n droom wat waar geword het om ’n wêreldkampioen te word, en boonop in ’n nuwe dissipline.”

Met al meer stemme wat wêreldwyd opklink dat die Spele weens die Covid-19-pandemie gekanselleer moet word, kan Moolman-Pasio en haar mede-atlete nog nie met absolute sekerheid sê hulle sal oor twee maande in Tokio wees nie.

Sy sê sy sal verstaan as die Spele wel afgestel word, maar meen ook dit kan sonder voorval aangebied word.

“Ons moet die pandemie respekteer, maar oor die afgelope maande het ons wel gesien dat sportbyeenkomste veilig en met agting vir die Covid-19-virussiekte kan plaasvind. Ek glo dit kan voortgaan en ek is baie hoopvol dat dit sal, maar ek sal ook verstaan as dinge weens die pandemie verander,” sê Moolman-Pasio.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.