Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
SA speel gelykop teen kampioen
Die Oi-hokkiestadion waarin die OIimpiese wedstryde gespeel gaan word. Foto: Twitter | Team South Africa

Die Suid-Afrikaanse manshokkiespan het met ’n gelykop-uitslag teen die Olimpiese kampioen, Argentinië, beter rekenskap gegee in sy tweede oefensessie ter voorbereiding vir die Olimpiese Spele.

Die Suid-Afrikaners het Donderdag met 2-2 gelykop gespeel teen die Argentyne.

Dit was weer nie ’n volwaardige wedstryd nie en daar is slegs drie kwarte beslis.

Argentinië was vir die eerste keer die gouemedalje-wenner toe hy België met 4-2 in die eindstryd van die vorige Spele in 2016 in Rio de Janeiro getroef het.

België is vanjaar een van Suid-Afrika se groepteenstanders in Tokio.

Suid-Afrika speel Vrydag in sy laaste losmaker teen Spanje voor hy Saterdag in sy eerste wedstryd teen Brittanje uitstap.

• Die SA vroue was Donderdag in hul eerste slypstryd, in vier kwarte van agt minute elk, teen Australië in aksie.

Die Aussies het met 1-0 gewen.

Die Suid-Afrikaners speel Vrydag teen Japan in hul laaste oefensessie voor hulle Saterdag in hul eerste wedstryd teen Ierland speel. – Johann de Jager

Meer oor:  Argentinië  |  Suid-Afrika  |  Tokio  |  Japan  |  Gelykop  |  Opwarmwedstryd  |  Olimpiese Spele  |  Kampioen  |  Hokkie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.