Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
SA mans verloor slypstryd teen Kiwi’s
Die SA manshokkiespan hou ’n praatjie tydens ’n oefening vandeesweek in Tokio. Die Suid-Afrikaners het Woensdagaand teen Nieu-Seeland in die eerste van hul drie oefenwedstryde gespeel voordat hul Spele Saterdag begin. Foto: Twitter/Team South Africa

Suid-Afrika se hokkiemans, wat die eerste keer in nege jaar weer by die Olimpiese Spele in aksie gaan wees, het Woensdagaand (Japannese tyd) ’n slypstryd vir dié skouspel teen Nieu-Seeland verloor.

Die Kiwi’s het die Suid-Afrikaners, wat hierna nog twee opwarmingswedstryde in Tokio gaan speel, met 2-0 getroef in ’n wedstryd van net twee kwarte.

Gegewe die feit dat dít die Suid-Afrikaners se eerste wedstryd met vername teenstand in meer as 16 maande was, sal hulle glad nie te teleurgesteld met die uitslag wees nie.

Een van die doele teen hulle was van ’n strafhoek af.

Die Black Sticks, soos die Nieu-Seelanders bekend staan, het in Junie in Perth met 3-7 en 0-2 teen Australië in die Pro League verloor.

Die SA mans speel Saterdag in hul eerste wedstryd by die Spele teen Brittanje. Hulle speel intussen Donderdag teen die verdedigende Olimpiese kampioen, Argentinië, en Vrydag in hul laaste losmaker teen Spanje.

Clinton Panther in aksie vir die Proteas. Foto: Gallo Images

Die SA doelwagter Siya Nolutshungu (skouer), Mo Mea (hakskeen) en Clinton Panther (Covid-19-maatreëls) wat aanvanklik in die Olimpiese groep was, is die spelers wat nie na Tokio saamgereis het nie.

Die afwesigheid van die 30-jarige Panther, een van die Proteas se senior spelers, is veral ’n terugslag gegewe dat hy oor ’n kragtige trekhou beskik en ook by die Suid-Afrikaners se strafhoeke aangewend word.

Hy was lid van die Suid-Afrikaanse hokkiespan wat in 2012 by die Olimpiese Spele in aksie was. Hy en sy spanmaats kon egter nie in 2016 hul slag by die Spele in Rio de Janeiro wys nie nadat die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) ’n stokkie daarvoor gesteek het.

• Die nasionale vrouespan gaan ook vooraf oefenwedstryde teen die gedugte Australië en die Olimpiese gasheer, Japan, speel.

Die vroue begin hul aanslag Saterdag teen Ierland. Daarna volg groepwedstryde Maandag teen Brittanje, Woensdag teen Nederland, Vrydag teen Duitsland en Saterdag teen Indië.

Meer oor:  Tokio  |  Japan  |  Nieu-Seeland  |  Proteas  |  Olimpiese Spele  |  Hokkie  |  Opwarmwedstryd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.