Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
SA hokkiespan skaaf teen o.21’s vir Spele
Suid-Afrika se ervare doelwagter Rassie Erasmus in aksie teen Australië in 2012 se Spele in Londen. Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse manshokkiespan sal vandeesweek in Potchefstroom vir die Olimpiese Spele later vanjaar in Tokio voorberei deur in vier wedstryde teen die nasionale o.21-span te speel.

Covid-19-beperkings het vroeër die nasionale span se beplande reeks teen Maleisië in die wiele gery.

Die week se wedstryde dien ook as voorbereiding vir die o.21’s se Afrikabeker-toernooi. Dié is herskeduleer en gaan nou in Augustus in Namibië gespeel word.

Die eerste van die vier wedstryde teen die o.21’s word Woensdag beslis. Die tweede is vir Donderdag geskeduleer, waarna die laaste twee Saterdag en Sondag by die Noordwes-universiteit gespeel word.

Al die wedstryde in die CTM-reeks begin om 16:00.

SA groep vir Spele: Rassie Pieterse, Tim Drummond, Austin Smith, Mohamed Mea, Matt Guise-Brown, Jethro Eustice, Nduduzo Lembethe, Taine Paton, Nicholas Spooner, Clinton Panther, Samkelo Mvimbi, Abdul Cassiem, Mustapha Cassiem, Nqobile Ntuli, Keenan Horne en Tevin Kok. – Johann de Jager

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Hokkie  |  Sa Manshokkiespan  |  Tokio-Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.