Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
SA langasem uit Spele nadat appèl misluk

Die Suid-Afrikaanse langasem en stapwedloop-atleet Lebogang Shange is sy plek op die Olimpiese Spele in Tokio kwyt nadat die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS) sy skorsing van vier jaar gehandhaaf het.

Lebogang Shange in aksie in 2017 op die Wêreldkampioenskap in Londen. Foto: Gallo Images

Shange is in 2019 positief getoets vir die anaboliese steroïed trenbolon, ’n middel wat gebruik word om die groei van spiere in vee aan te moedig.

Hy is toe vier jaar geskors, maar die 20 km-stapwedloop-atleet het daarteen geappelleer, wat hom toegelaat het om deel te neem in Junie en sy plek na die Olimpiese Spele te bespreek toe hy die vereistes van Wêreldatletiek gehaal het.

Die CAS het Vrydag ’n stokkie voor die 30-jarige se Spele-planne gesteek, met die tyd van sy skorsing wat hy van Desember 2019 tot 7 Junie 2021 uitgedien het, wat daaronder tel. Dit beteken dat hy in 2023 weer ’n terugkeer tot die atletiekbaan sal kan maak.

Al sy uitslae van 4 November 2019 af sal nou geskrap word, met enige titels, toekennings, medaljes en prysgeld wat terugbesorg sal moet word.

Shange was 44ste op die Spele in 2016 in Rio de Janeiro voordat hy in 2017 ’n vierde plek op die Wêreldkampioenskap in Londen behaal het.

Shange sou op 5 Augustus aan sy voorkeurnommer deelgeneem het, maar sy skorsing beteken nou dat Wayne Snyman die enigste Suid-Afrikaner is wat dié veeleisende wedloop sal aanpak.

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Atletiek  |  Suid-Afrika  |  Tokio-Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.