Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
SA se hoop op dié jongelinge by Spele

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het Donderdag sy finale span vir die Olimpiese Jeugspele aangekondig.

70 deelnemers is gekies vir die skouspel wat van 6 tot 18 Oktober in Buenos Aires sal plaasvind.

Lohan Potgieter van die Hoërskool Menlopark sal een van diegene wees om dop te hou by die Olimpiese Jeugspele, wat in Oktober in Argentinië gehou word. Foto: Marius Nortjé

Een van hulle is Carmie Prinsloo, ’n langasem van die Hoërskool Montana.

Sy was aanvanklik nie in die groep van 15 atlete wat deur die Konfederasie vir Afrika-atletiek gekies is nie, maar Saskok het haar naam nou by die lys gevoeg.

Sy behoort haar slag in die 3 000 m te wys, ’n nommer waarin sy in 2017 by die SA Skolebyeenkoms een van drie was wat die rekord verbeter het toe sy in nege minute 46.58 sekondes klaargemaak het.

Gontse Morake van Prestige College sal aan die driesprong deelneem, ’n item waarin sy vroeër vanjaar die nasionale o.18-rekord opgestel het met ’n poging van 13.10 m in Boksburg.

Kayla van der Bergh van die Hoërskool Klerksdorp sal ’n sterk aanspraakmaker in die 100-hekkies wees, waar sy spog met ’n persoonlike beste tyd van 13.37 sek.

Hoërskool Noordheuwel se Dané Roets (gewigstoot) gaan ook een wees om dop te hou, met Hoërskool Menlopark se Lohan Potgieter wat ook in dié nommer uitblink.

Hoërskool Wagpos (Brits) se Jano Esterhuizen (spiesgooi) het vanjaar al 72.18 m behaal, terwyl Paarl Gimnasium se Nikolai van Huyssteen (paalspring) sy stempel sal wil afdruk in ’n item waar hy al op ’n hoogte van 4.60 m oor die dwarslat geseil het.

Dawid Kellerman van Paarl Gimnasium druk een van sy span se drieë teen Hoërskool Monument by die 2018 Wildeklawer-rugbytoernooi. Foto: Frans Lombard

Die sewesrugbyspan wemel ook van talentvolles en sluit nie minder nie as drie spelers in wat vanjaar die Suid-Afrikaanse Skolespan in die internasionale reeks teen Wallis, Engeland en Frankryk verteenwoordig het. Hulle is die senters Muzilikazi Manyike (Jeppe High School for Boys) en Mnombo Zwelindaba (Selborne College), sowel as die agtsteman Celimpilo Gumede (Durban High School).

Die span sluit ook vir Diego Appollis (Garsfontein) in, wat verlede jaar vir die SA Skolespan uitgedraf het, maar nie vanjaar die span kon haal nie.

Dawid Kellerman (senter van Paarl Gimnasium) en Ross Braude (kaptein en skrumskakel van Grey-kollege) was ook ongelukkig om nie die SA Skolespan te haal nie, maar is met plekke in die Jeugspele-sewesspan beloon.

Die span is:

Boogskiet: Wian Roux.

Atletiek: Meisies: Sekgodiso Prudence (800 m), Nicole Louw (1 500), Kayla van der Bergh (100-hekkies), Marissa Swanepoel (5 000), Gontse Morake (driesprong), Bianca Erasmus (hoogspring), Dané Roets (gewigstoot) en Carmie Prinsloo (3 000). Seuns: Luke Davids (100), Gora Lindokuhle (400-hekkies), Jason Tito (verspring), Sifiso Miya (driesprong), Nikolai van Huyssteen (paalspring), Lohan Potgieter (gewigstoot), Francois Prinsloo (diskus) en Jano Esterhuizen (spiesgooi).

Hokkie: Ammaarah Hendriks, Kayla de Waal, Angela Welham, Jacolene McLaren, Samantha Smuts, Angel Nkosi, Zimkhitha Weston, Mishka Ellis en Nepo Serage.

Moderne Vyfkamp: Alida van der Merwe en Rhys Poovan.

Sewesrugby: Christoffel Grobbelaar, Christiaan Pretorius, Dawid Kellerman, Celimpilo Gumede, Louwan Horn, Ross Braude, Jacobus Hattingh, William Rose, Muzilikazi Manyike, Ofentse Maubane, Mnombo Zwelindaba en Diego Appollis.

Driekamp: Amber Schlebusch en Christiaan Stroebel.

Watersport: Mariella Venter, Christin Mundell, Kate Beavon, Duné Coetzee, Ethan Du Preez, Gabriel Nortje, Hendrik Duvenhage, Michael Houlie.

Duik: Olivia van Vollenhoven.

Klim: David Naudé en Angela Eckhardt.

Dans: Jordan Smith.

Perdry: Hannah Garton.

Gholf: Kaiyuree Moodley en Cole Stevens.

Gimnastiek: Lisa Conradie, Azra Devan, Ruan Lange, Rachel Nell en Sidwell Madibeng.

Kanovaart: Lizanne Conradie en Pierre van der Westhuyzen.

Roei: Liam Smit en Katherine Williams.

Seilvaart: Dorothy Gouws.

Skiet: Adriaan de Beer.

Tennis: Philip Henning.

Gewigoptel: Jayden Pretorius.

Stoei: Fernando Booysen.

Meer oor:  Buenos Aires  |  Olimpiese Jeugspele  |  Saskok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.