Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
SA span pak gasheerland in Spele

Suid-Afrika se mansokkerspan is in dieselfde groep as die gasheerland vir vanjaar se Olimpiese toernooi in Tokio geloot.

Die Suid-Afrikaanse o.23-sokkerspan in 2019 in ’n wedstryd teen Angola in aksie. Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaners sal in Groep A met Japan, Mexiko en Frankryk om ’n plek in die uitkloprondes van die Olimpiese toernooi meeding.

Die toptwee-spanne in elke groep dring deur tot die uitkloprondes.

Olimpiese sokkerspanne bestaan gewoonlik oorwegend uit o.23-spelers, maar omdat die Tokio-Spele met ’n jaar uitgestel is, is ’n vergunning gemaak dat spelers wat op of ná 1 Januarie 1997 gebore is, steeds vir vanjaar se skouspel mag oorweeg word. Elke land mag ook drie spelers kies wat ouer as 24 is.

Interessant genoeg was Mexiko en Frankryk ook twee van Suid-Afrika se groep-teenstanders toe die land se senior sokkerspan tuis in die 2010 Wêreldbeker-toernooi gespeel het.

Die Olimpiese sokkertoernooi is geskeduleer om van 21 Julie tot 7 Augustus plaas te vind en sal afskop voor die openingseremonie van die Spele op 23 Julie.

Die ander groepe is:

Groep B: Nieu-Seeland, Suid-Korea, Honduras, Roemenië.

Groep C: Egipte, Spanje, Argentinië, Australië.

Groep D: Brasilië, Duitsland, Ivoorkus, Saoedi-Arabië. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Sa Manssokkerspan  |  Tokio-Spele  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.