Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
SA stuur 1-man-span na Winterspele
Connor Wilson sal manalleen Suid-Afrika se vlag by die 2018 se Winterspele laat wapper. Foto: Gallo Images

Suid-Afrika sal net een deelnemer aan die Winterspele hê, wat op 9 Februarie in Pjeongtsjang in Suid-Korea begin.

Connor Wilson, wat vir die SA Active-klub deelneem, is gekies om aan slalom en reuse-slalom deel te neem.

Dit is albei ski-items.

Dié 21-jarige was verlede jaar 54ste op die wêreldranglys in die slalom en 71ste in die reuse-slalom.

Wilson is een van twee Suid-Afrikaners wat vir die byeenkoms gekwalifiseer het, met die belowende Sive Speelman wat ook die nodige vereistes behaal het, maar net as ’n “tegniese beampte” sal saamreis.

Ons wens Connor alles van die beste toe en ek is ook seker dat Sive Speelman waardevolle ervaring sal opdoen.
Gideon Sam

Volgens die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) is Wilson die binnebaan gegee omdat hy hoër op die ranglys is.

“Ons wens Connor alles van die beste toe en ek is ook seker dat Sive Speelman waardevolle ervaring sal opdoen gedurende sy tyd in Suid-Korea,” sê Gideon Sam, Saskok-president, in ’n verklaring.

Die 18-jarige Elizabeth Olivier, wat Suid-Afrika in 2016 op die Winter-jeugspele in Noorweë verteenwoordig het, het nie vir Pjeongtsjang gekwalifiseer nie.

Meer oor:  Connor Wilson  |  Pjeongtsjang  |  Suid-Korea  |  Winterspele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.