Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Samaai briesend ná misoes
Die verspringer Ruswahl Samaai se Olimpiese Spele is verby, nadat hy nie Saterdag in die uitdunne verder as 7,74 m kon spring nie. Foto: AP

Die verspringer Ruswahl Samaai het Saterdagmiddag gesê hy “voel soos ’n atleet wat vandag moet uittree” nadat hy nie in Tokio die Olimpiese uitdunne van dié item kon oorleef nie.

Vyf jaar nadat Samaai een van twee Suid-Afrikaners in die Olimpiese eindronde was (saam met die uiteindelike silwermedalje-wenner Luvo Manyonga) en vier jaar nadat hy wêreldbrons in Londen verower het, kon die Johannesburger nie Saterdag verder as 7,74 m spring nie, en moet hy sy tasse pak.

Sy afstand het hom net 22ste van al die deelnemers geplaas. Die top-12 het deurgedring na die eindronde.

Samaai (29) het nie doekies omgedraai oor sy teleurstelling in homself nie.

Ek is briesend, ek voel vandag soos ’n atleet wat wil uittree, wat reg is om sy uittrede aan te kondig.
Ruswahl Samaai

“Ek is briesend, ek voel vandag soos ’n atleet wat wil uittree, wat reg is om sy uittrede aan te kondig,” het Samaai gesê.

Toe dit aan hom gestel is dat hy regdeur sy kompetisie ’n glimlag op sy gesig gehad het, het hy gesê: “Glimlagte wen nie medaljes nie. Om jouself te geniet, wen nie medaljes nie.

“Ek het hierheen gekom met een plig, en ek het dit nie vervul nie. Ek wou ’n bydrae maak tot Suid-Afrika se medalje-totaal en ek het nie. Wat ek gedoen het, was nie eens naby aan wat ek veronderstel was om te doen nie.

“Ek dink dis tyd vir ’n verandering. Dalk het ek ’n verandering van omgewing nodig.”

• Vir die 23-jarige Cheswill Johnson, die ander Suid-Afrikaner in die verspring-kompetisie, was sy Olimpiese buiging ’n nagmerrie.

Nie een van Johnson se drie spronge was wettig nie.

Spele-program

Spele-uitslae

Spele-medaljelys

Meer oor:  Ruswahl Samaai  |  Japan  |  Tokio  |  Verspring  |  Olimpiese Spele  |  Atletiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.