Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Schauffele beleef Spele-sprokie

Veertig jaar gelede was Stefan Schauffele ’n tienkamp-atleet met groot drome van ’n kans om Duitsland by die Olimpiese Spele te verteenwoo

Die Amerikaner Xander Schauffele het Vrydag as die voorloper in die Olimpiese gholfkompetisie gaan slaap. Foto: Reuters

rdig.

Maar toe beland hy een dag, onderweg na die oefenveld, in die pad van ’n dronk bestuurder en verloor die sig in sy linkeroog. Vanselfsprekend was sy Olimpiese ideale daarmee heen.

Vier dekades later bevind Schauffele hom egter wel by die Olimpiese Spele – en ’n potensiële sprokie wink.

Schauffele se 27-jarige seun, Xander, verteenwoordig die VSA vandeesweek in die Olimpiese gholfkompetisie en is by die halfpadmerk die klubhuisvoorloper. Hy het Vrydag ’n ronde van 63 (agt houe minder as baansyfer) aangeteken om met ’n voorsprong van een hou oor Mexiko se Carlos Ortiz (67) van die baan te stap.

Sy totaal is 131 (-11).

Schauffele het ’n sethou van 13 voet vir voëltjie op die 18de putjie gesink om die Olimpiese rekord te ewenaar. ’n Paar minute later is die tweede ronde weens dreigende weerlig gestaak tot Saterdagoggend.

Christiaan Bezuidenhout het werk om die naweek te doen as hy op die Olimpiese podium wil eindig. Foto: Getty Images

Vir die Schauffele-familie is dit net nog ’n welkome wending in wat reeds vir hulle ’n hoogtepunt is. Stefan is Xander se swaai-afrigter en dus een van ’n klein groep mense wat toegelaat is om midde-in die Covid-19-pandemie saam met hom na die Spele te reis.

Xander se ma, Ping Ji, wat in Taiwan gebore is en in Japan grootgeword het, moes tuis bly. Haar ouers woon steeds in Tokio, maar mag nie gaan kyk hoe hul kleinseun by die Kasoemigaseki-buiteklub speel nie.

Met sy familiegeskiedenis sal dit ’n feëverhaal wees as Xander wel Sondag as die Olimpiese kampioen gekroon word. Maar die jong Kaliforniër het Vrydag gesê hy dink nie so ver vooruit nie.

“Ek gaan net so geduldig as moontlik probeer bly tot ek oor die eindstreep is,” het hy aan die media gesê.

“Dikwels is die probleem dat ’n mens te ver vooruit dink – julle ouens (in die media) is goed daarmee om ’n mens dit te laat doen. So ek het dit ingeoefen om nie sulke gedagtes te hê nie.”

Japan se groot hoop, die Amerikaanse Meesterskampioen Hideki Matsoejama, is een van die spelers wat eers Saterdagoggend hul rondtes sal voltooi. Hy was op die 17de putjie toe spel afgelas is – drie houe agter Schauffele.

Suid-Afrika se Christiaan Bezuidenhout het een putjie oor in sy tweede ronde. Hy was ses houe agter Schauffele.

Sy landgenoot Garrick Higgo het vroeër ’n tweede agtereenvolgende 71 aangeteken om die dag in die gesamentlike 47ste plek af te sluit.

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.