Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Sege glip in doodsnikke uit SA se greep

Kanada se Gabriel Ho-Garcia het in die laaste minuut verhoed dat die Suid-Afrikaanse manshokkiespan Vrydag ’n agtereenvolgende sege in die groepfase behaal – iets wat hy nog nooit by die Olimpiese Spele kon regkry nie.

Die Proteas het ’n baie skraal kans gehad om die kwarteindronde in Tokio te haal, maar moes uiteindelik met ’n gelykopuitslag van 4-4 tevrede wees.

Bili Ntuli gee uiting aan sy frustrasie nadat Kanada reg aan die einde ’n gelykmaker behaal het. Foto: Getty Images

Dit was nietemin hulle beste vertoning tot nog toe in die groepfase by ’n Spele. Hul 16 doele was ook die meeste tot dusver by ’n Spele.

Dit is die einde van hul Spele, omdat daar nie vanjaar verdere uitspeelwedstryde is vir die spanne wat nie die kwarteindronde gehaal het nie.

Suid-Afrika, wat die swakste ranglysposisie onder die 12 deelnemers gehad het, kan ná dese verwag om ’n paar plekke op die wêreldranglys te klim.

Suid-Afrika het vroeg met 2-0 voorgeloop nadat Bili Ntuli, in die tweede minuut, en Nic Spooner, in die negende, doele uit gebroke spel aangeteken het.

Kanada se Mark Pearson, in sy laaste internasionale wedstryd, het dit kort voor die einde van die eerste kwart 1-2 na ’n strafhoek gemaak.

Albei spanne het vyf strafhoeke gehad.

Keegan Pereira het dit vroeg in die tweede kwart gelykop gemaak en die telling het tot rustyd 2-2 gebly.

Matt Guise-Brown het Suid-Afrika met sy derde doel in die toernooi – ná ’n strafhoek – weer laat voorloop, maar die Kanadese se Fin Boothroyd het dit voor die einde van die derde kwart 3-3 gemaak in die tydjie toe Spooner ’n groen kaart gewys is.

Sam Mvimbi het Suid-Afrika twee minute voor die eindfluitjie laat voorloop met ’n skitterende doel, waarna Ho-Garcia in die 59ste minuut hartverskeurend ’n dwarsaangee afgerond het om dit weer gelykop te maak.

• Die SA vroue het Vrydag met 1-4 vasgeval teen Duitsland in hul voorlaaste groepstryd.

Toni Marks het aan die einde ’n troosdoel vir die Suid-Afrikaners aangeteken.

Hulle speel Saterdag in hulle laaste groepwedstryd teen Indië, wat Vrydag teen Ierland sy eerste sege behaal het.

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Hokkie  |  Tokio
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.