Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Seremonie ‘sal gees van die tyd weerspieël’
Japan se kunsvliegspan, Blue Impulse, oefen vir die openingseremonie van die Olimpiese Spele, wat Vrydag in Tokio se Olimpiese stadion sal plaasvind. Foto: Reuters

’n “Ontnugterende” affêre wat afgestroop is om in voeling met die sentiment van die dag te bly.

So het Marco Balich, ’n adviseur betrokke by die organisasie van Vrydag se Olimpiese openingseremonie, dié gebeurtenis teenoor Reuters beskryf.

Volgens Balich sal die seremonie vanjaar gestroop wees van die choreografie en skouspel wat gewoonlik met die opening van ’n Spele geassosieer word. Die feit dat daar geen toeskouers sal wees nie, en sosiale afstand gehou moet word, moes vanselfsprekend in ag geneem word.

“Dit sal baie Japannees wees, maar in voeling met die sentiment van die dag, die werklikheid,” het Balich gesê.

Dit sal baie Japannees wees, maar in voeling met die sentiment van die dag, die werklikheid.
Marco Balich

“Ek dink die grootste prestasie van die kreatiewe span is dat hulle die leë sitplekke as ’n feit aanvaar het, en steeds die fokus op die atlete sal hou.

“Dit sal baie betekenisvol wees, ver van die spoggerigheid van vorige seremonies. Dis ’n pragtige, eerlike seremonie, sonder aansitterigheid, oor die ware dinge wat vandag gebeur.”

Volgens Balich was daar 12 600 atlete en beamptes in die vlagparade van 2016 se Spele. Dit sal vanjaar aansienlik minder wees, aangesien atlete nou eers ’n paar dae voor hul kompetisies in die Speledorp mag intrek. – Reuters

• TV: Vrydag vanaf 12:50 (SS 201, 209)

Meer oor:  Marco Balich  |  Tokio  |  Japan  |  Covid-19  |  Sosiale Afstand  |  Olimpiese Spele  |  Atlete  |  Openingseremonie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.