Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Simone Biles bedank ondersteuners

Die gimnastiek-superster Simone Biles, wenner van vier Olimpiese goue medaljes, is dankbaar vir die ondersteuning wat sy ontvang het nadat sy haar aan die spankompetisie en individuele veelsydige kompetisie op die Tokio-Spele onttrek het.

Simone Biles sit op die paviljoen terwyl sy haar spanmaats ondersteun. Foto: Getty Images

Die 24-jarige Amerikaner het weens geestesgesondheidskwessies besluit om vir eers haar veldtog in Tokio te staak.

Haar besluit is geprys deur hoëprofielpersoonlikhede in sport, die vermaakwêreld en die politiek.

“Die ondersteuning wat ek ontvang, is ’n bewys dat ek meer is as my prestasies in gimnastiek,” sê sy op Twitter.

Biles het vroeër in die week ná haar onttrekking gesê: “Ek moet na my geestelike welstand omsien. Ons moet ons siel en liggaam beskerm en nie net doen wat die wêreld wil hê ons moet doen nie.”

Sy moet nog bevestig of sy in die eindronde van die individuele apparate-kompetisie, wat Sondag begin, gaan meeding.

“Ek vat elke dag soos dit kom,” sê Biles. – Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Gimnastiek  |  Tennis  |  Naomi Osaka  |  Simone Biles  |  Geestesgesondheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.