Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Simone Biles spog met 3 goues vir VSA
Simon Biles. Foto: Getty

Simone Biles het die eerste Amerikaner geword om drie goue medaljes in gimnastiek in een Olimpiese Spele te wen.

Biles (19) het Sondagaand (SA tyd) eerste geëindig in die individuele sprong-kompetisie in Rio de Janeiro. Biles het reeds by dié Spele goud gewen in die span- asook in die algehele individuele kompetisie.

Biles het eerste geëindig met ’n gemiddelde telling van 15.966 vir haar twee spronge met die Rus Maria Paseka in die tweede plek. Switserland se Giulia Steingruber het die bronsmedalje gewen.

Die Amerikaner oorheers dié laaste drie jaar en het 10 goue medaljes by die laaste drie Wêreldkampioenskap-byeenkomste gewen. Sy was nie oud genoeg om in die Olimpiese Spele in Londen in 2012 deel te neem nie. Jy moet 16 wees om in vroue-gimnastiek by ’n Spele deel te neem.

Biles is die gunsteling om nog twee goues te wen in die individuele eindrondes van die trapbrug (Maandagaand om 20:46 SA tyd) en die vloer (Dinsdagaand om 19:47). – Reuters

Meer oor:  Spele  |  Gimnastiek  |  Rio  |  Vsa  |  Simone Biles
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.