Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Skaatspaar verbeter eie rekord op Spele

Die Kanadese ysskaatspaar Tessa Virtue en Scott Moir het Maandag hul eie wêreldrekord in die kortprogram op die Olimpiese Winterspele in Pjeongtsjang, Suid-Korea, verbeter en is die gunsteling om Dinsdag nog ’n Olimpiese medalje in hul trofeekas by te voeg.

Scott Moir en Tessa Virtue. Foto: Getty Images

Die gemengde ysdanskompetisie eindig Dinsdag met die vrye dans om die wenner te bepaal.

Virtue en Moir het 83.67 punte aangeteken om hul rekord van 82.68 te verbeter. Hulle het hul Franse teenstanders Gabriella Papadakis en Guillaume Cizeron net-net geklop.

Die paar neem aan hul laaste Olimpiese Winterspele deel en het verlede week ’n deurslaggewende rol gespeel in Kanada se goue medalje in die spankompetisie.

Virtue en Moir het reeds vier Olimpiese medaljes gewen.

Hulle het Maandag gesê ’n nederlaag in Desember teen Papadakis en Cizeron ten tyde van ’n Grand Prix-byeenkoms het hulle hul aanslag laat verander.

“Die gevoel toe die program geëindig het, is selfs beter as die wêreldrekord. Ons is baie ingenome met ons vertoning. “As die druk op die wêreld se grootste verhoog toeneem, is dit lekker om goed te vertoon,” sê Virtue.

Daar is voor die Spele baie geskryf oor die mededinging tussen die Kanadese en Franse paar, en kenners meen as Virtue-hulle sou verloor, sal dit dui op ’n verandering in die sportsoort.

Die Kanadese het verlede week gesê hulle het ná die nederlaag dele van die roetine aangepas.

Die Franse paar sê die mededinging tussen hulle en die Kanadese is “frustrerend, maar dit help tog”.

“Dit is moeilik om daarmee te werk, maar terselfdertyd inspirerend,” sê Cizeron.

“Dit is ’n interessante reis. Jy sal nie so goed wees as iemand jou nie die heeltyd uitdaag nie.” – Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Winterspele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.