Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
‘Soli deo Gloria’ help Tatjana na sukses

Die nukkerigheid van Tatjana Schoenmaker se boonste swempet in die uitdunne en halfeindronde van die 100 m-borsslag het haar nie net Maandag aan die giggel gekry nie, maar ook vir die wêreld gewys waaruit sy haar krag put.

Tatjana Schoenmaker Maandag ná die halfeindronde van die 100 m-borsslag. Foto: Reuters

Schoenmaker het Sondag ’n nuwe Afrika-rekord opgestel en was Maandag die vinnigste kwalifiseerder vir Dinsdagoggend se eindronde.

In albei gevalle het haar groen Suid-Afrika-swempet laat in die resies begin opskuif, om die wit pet onder dit sigbaar te maak.

Daardie onderste swempet het nie net Schoenmaker se naam op nie, maar ook die woorde ‘Soli Deo Gloria’, Latyns vir ‘Al die glorie aan God’.

Dis ’n lewensleuse vir die 24-jarige Tukkie, wat gereeld op sosiale media die Engelse vertaling, “All glory to God”, aan die einde van haar plasings oor haar suksesse in die swembad skryf.

Schoenmaker het nog nooit ’n geheim gemaak van haar geloof nie en beskryf haarself op haar Twitter-blad as ’n “Kind van God”. Die Pretorianer dra altyd haar sukses op aan God en het vroeër vanjaar gesê sy vertrou dat Hy ’n plan het met alles wat oor haar pad kom.

“Swem is nie wie ek is nie – ek sal ’n lewe hê nadat ek ophou swem en God het ’n plan met wat daarna met my gebeur,” het sy gesê. “Of ek goed of sleg vaar by die Olimpiese Spele sal my nie definieer nie.”

Meer oor:  Swem  |  Olimpiese Spele  |  Tatjana Schoenmaker  |  Tokio-Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.